Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Damsedrif Gasteplaas

Gastehuis
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 28 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Damsedrif Gasteplaas, Langs die R332, Willowmore, 6452, Oos-Kaap
  • Vanaf R750 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Damsedrif Gasteplaas is op 'n plaas in Baviaanskloof geleë. Verblyf word in Johnnie se Huis of die Volstruisie en Boklied-kothuis gebied.

Die Johnnie se Huis met slaapplek vir 14 bestaan uit 5 slaapkamers wat met dubbel- en enkelbeddens ingerig is en 2 badkamers deel. Adams se Huis het slaapplek vir tot 9 gaste en beskik oor 4 slaapkamers en 2 badkamers. Volstruisie en Boklied is 2 kothuise wat langs mekaar geleë is, ideaal vir 'n groep van 5 en is ingerig met dubbel- en enkelbeddens. Gerieflikheidshalwe word alle linne en handdoeke vir al die eenhede voorsien. Bring asseblief jou eie handdoeke.

Die huis, sowel as die kothuise, het 'n kombuis wat toegerus is met 'n yskas-vrieskas, 'n mikrogolfoond en 'n stoof. Braaigeriewe is ook beskikbaar. Etes is op versoek beskikbaar vir groepe van 4 of meer. Die plaashuise het swembaddens terwyl die kothuise die gebruik van die swembad by Adams se Huis 100 m verder deel.

Doendinge op die plaas bestaan uit stap, fietsry asook 4x4-roetes. Damsedrif Gasteplaas boer met essensiële olies en kleinvee en gaste kan rondgewys word indien hulle belangstel. Neem asseblief kennis dat gaste op 'n grondpad sal ry om die plaas te bereik wat nie altyd geskik is vir 'n gewone voertuig nie. ’n 4x4 is nie noodsaaklik nie. Vra gerus oor die toestand van die pad wanneer bespreking bevestig word.

Troeteldiere word nie toegelaat nie.

Daar is beperkte selfoonsein. WiFi is beskikbaar by die hoofhuis en by sommige eenhede.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • 24-uur Ontvangs
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Voëlkyk
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Etes Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 35 resensies

Uitstekend

Netheid
4.5
Ligging
4.6
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.7
Veiligheid
4.6
Gaste se hoogtepunte
Karien R
Saam met lewensmaat
5.0
Rustige kuier in die mooi omgewing. Heerlik. Uitstappie in die kloof was baie lekker.
Okt 2024
Annemarie O
Saam met vriende
5.0
Die perfekte oorslaap in Baviaans. Alles is pragtig, skoon en netjies, en die kombuis in die verblyf is ten volle toegerus met alles wat nodig is. Die...
Sien meer
Apr 2024
Carlynne K
5.0
Groot ruim huis, netjies. 4 pensioenarisse het heerlik hier gebly.
Mrt 2024
Dawid V
Saam met vriende
5.0
Fantastiese omgewing! Baie lekker met niks tekort in huis.
Nov 2023
Johan M
Saam met lewensmaat
5.0
Stilte, rus en vrede. Ons bespreking was vir die Boklied en Volstruisie eenheid, maar die eienaars het die groot ou plaashuis tot ons beskikking geste...
Sien meer
Sep 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.6/5

Hestelle Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 35

Op LekkeSlaap 7 jaar

Ligging

  • Damsedrif Gasteplaas, Langs die R332, Willowmore, 6452, Oos-Kaap
  • Gaste dink Damsedrif Gasteplaas het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Baviaanskloof Oos-Kaap
Vanaf
Vanaf R 750
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R 750
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 28 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Damsedrif Gasteplaas, Langs die R332, Willowmore, 6452, Oos-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAbba08b32b60631e73a0f0603bcdbcb00499c32d4a24690491d4c3b989145d26eef0ac134d81573a53acf56ce1fa9740fc43e?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R750 per nag, vir 2 mense 35 5 1 5 Farm Damsedrif Off the R332 6452 Oos-Kaap 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -33.552582619644 24.035766755204

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang