Damsedrif Gasteplaas
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 28 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Damsedrif Gasteplaas, Langs die R332, Willowmore, 6452, Oos-Kaap
- Vanaf R750 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Damsedrif Gasteplaas is op 'n plaas in Baviaanskloof geleë. Verblyf word in Johnnie se Huis of die Volstruisie en Boklied-kothuis gebied.
Die Johnnie se Huis met slaapplek vir 14 bestaan uit 5 slaapkamers wat met dubbel- en enkelbeddens ingerig is en 2 badkamers deel. Adams se Huis het slaapplek vir tot 9 gaste en beskik oor 4 slaapkamers en 2 badkamers. Volstruisie en Boklied is 2 kothuise wat langs mekaar geleë is, ideaal vir 'n groep van 5 en is ingerig met dubbel- en enkelbeddens. Gerieflikheidshalwe word alle linne en handdoeke vir al die eenhede voorsien. Bring asseblief jou eie handdoeke.
Die huis, sowel as die kothuise, het 'n kombuis wat toegerus is met 'n yskas-vrieskas, 'n mikrogolfoond en 'n stoof. Braaigeriewe is ook beskikbaar. Etes is op versoek beskikbaar vir groepe van 4 of meer. Die plaashuise het swembaddens terwyl die kothuise die gebruik van die swembad by Adams se Huis 100 m verder deel.
Doendinge op die plaas bestaan uit stap-, fietsry- en 4x4-roetes. Damsedrif Gasteplaas boer met essensiële olies en kleinvee en gaste kan rondgewys word indien hulle belangstel.
Troeteldiere word nie toegelaat nie.
Daar is beperkte selfoonsein. WiFi is beskikbaar by die hoofhuis, maar nie in die eenhede nie.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.6/5
Hestelle Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 39
Op LekkeSlaap 7 jaar
Ligging
- Damsedrif Gasteplaas, Langs die R332, Willowmore, 6452, Oos-Kaap
- Gaste dink Damsedrif Gasteplaas het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Baviaanskloof Oos-Kaap
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 28 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Damsedrif Gasteplaas, Langs die R332, Willowmore, 6452, Oos-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang