Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Damsedrif Gasteplaas

Gastehuis
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 28 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Damsedrif Gasteplaas, Langs die R332, Willowmore, 6452, Oos-Kaap
  • Vanaf R750 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Damsedrif Gasteplaas is op 'n plaas in Baviaanskloof geleë. Verblyf word in Johnnie se Huis, Adams se Huis of die Volstruisie- en Boklied-kothuise aangebied.

Johnnie se Huis bied slaapplek aan 14 gaste en beskik oor 5 slaapkamers met dubbel- en enkelbeddens en 2 badkamers. Adams se Huis beskik oor 4 slaapkamers met 2 badkamers en bied slaapplek aan tot 9 gaste.
Volstruisie en Boklied is 2 kothuisie langs mekaar en is ideaal vir 'n groep van tot 5. Dit het elk enkel- en dubbelbeddens. Alle linne en handdoeke word voorsien, maar gaste moet hulle eie swemhanddoeke saambring.

Die huise en die kothuise het elkeen 'n kombuis wat met 'n yskas-vrieskas, mikrogolfoond en 'n stoof met oond toegerus is. Braaigeriewe is beskikbaar. Maaltye is op versoek vir meer as 4 gaste beskikbaar. Die plaashuise het swembaddens en die kothuise deel die swembad by Adams se Huis wat 100 m daarvandaan is.

Aktiwiteite op die plaas sluit stap, fietsry en 4x4-roetes in die omgewing in. Damsedrif Gasteplaas boer met essensiële olies en kleinvee en gaste kan op die plaas rondgewys word indien hulle belangstel. Let wel dat daar 'n grondpad na die plaas lei wat nie altyd geskik is vir 'n gewone voertuig nie. 'n 4x4 is nie noodsaaklik nie. Vra asb. oor die toestand van die pad wanneer bespreking bevestig is.

Troeteldiere word ongelukkig nie toegelaat nie.

WiFi is in die hoofhuis en sommige eenhede beskikbaar. Let asb. dat die selfoonsein beperk is.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • 24-uur Ontvangs
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Voëlkyk
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Etes Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 33 resensies

Uitstekend

Netheid
4.5
Ligging
4.6
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.7
Veiligheid
4.6
Wat gaste dink
Annemarie O
Saam met vriende
5.0
Die perfekte oorslaap in Baviaans. Alles is pragtig, skoon en netjies, en die kombuis in die verblyf is ten volle toegerus met alles wat nodig is. Die...
Sien meer
Apr 2024
Carlynne K
5.0
Groot ruim huis, netjies. 4 pensioenarisse het heerlik hier gebly.
Mrt 2024
Dawid V
Saam met vriende
5.0
Fantastiese omgewing! Baie lekker met niks tekort in huis.
Nov 2023
Johan M
Saam met lewensmaat
5.0
Stilte, rus en vrede. Ons bespreking was vir die Boklied en Volstruisie eenheid, maar die eienaars het die groot ou plaashuis tot ons beskikking geste...
Sien meer
Sep 2023
Irene E
Gesin met klein kinders
5.0
Heerlike kuier in Baviaanskloof. Wonderlike kuier, die gasvrou het baie ekstra moeite gedoen om my kinders te akkommodeer. Veilig en stil. Skoon en ne...
Sien meer
Aug 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.6/5

Hestelle Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 33

Op LekkeSlaap 7 jaar

Ligging

  • Damsedrif Gasteplaas, Langs die R332, Willowmore, 6452, Oos-Kaap
  • Gaste dink Damsedrif Gasteplaas het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Baviaanskloof Oos-Kaap
Vanaf
Vanaf R750
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R750
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 28 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Damsedrif Gasteplaas, Langs die R332, Willowmore, 6452, Oos-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAbba08b32b60631e73a0f0603bcdbcb00499c32d4a24690491d4c3b989145d26eef0ac134d81573a53acf56ce1fa9740fc43e?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R750 per nag, vir 2 mense 33 5 1 5 Farm Damsedrif Off the R332 6452 Oos-Kaap 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -33.552582619644 24.035766755204

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang