Dana View
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: A. Ferroxstraat 67, Danabaai, Mosselbaai, 6510, Wes-Kaap
- Vanaf R750 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Dana View is in Danabaai sowat 200 m se stap vanaf die strand en is ideaal vir hengelaars en strandliefhebbers. Verblyf word in 'n hoofhuis en 'n ateljeewoonstel gebied.
Die hoofhuis bied slaapplek aan 2 volwassenes en 2 kinders. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n hoekbad, handstort, wasbak en 'n toilet. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n hoekbad, handstort en 'n toilet. Linne word voorsien, maar gaste moet hul eie bad- en strandhanddoeke saambring.
Die sitarea het rusbanke en 'n etenstafel met stoele. Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, tweeplaatstoof, mikrogolf, basiese breekware, eetgerei en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus.
Hierdie eenheid lei na 'n stoep met braaigeriewe, meubels en 'n see-uitsig.
Dana View Studio Apartment is 'n selfsorg-ateljeewoonstel met 'n privaat ingang en veilige parkeeprlek op die eienaar se perseel. Dit is ideaal vir sakereisigers, paartjies en gaste wat oornagverblyf soek.
Die oopplan-area het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die kombuisie is met 'n yskas, mikrogolfoond, eetgerei, breekware, 'n ketel en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Daar is ook 'n slim-TV en gratis WiFi.
Braaigeriewe met 'n pragtige see-uitsig is beskikbaar. Danabaai bied aktiwiteite soos stap, voetslaan en watersport en daar is verskeie diere, voëls, fynbos en wildritte.
Kenmerke
Geriewe
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Wildritte
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Piekniekmandjies Op Versoek
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Annette Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 7
Op LekkeSlaap 1 jaar
Ligging
- A. Ferroxstraat 67, Danabaai, Mosselbaai, 6510, Wes-Kaap
- Gaste dink Dana View het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Danabaai Mosselbaai Tuinroete Wes-Kaap
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: A. Ferroxstraat 67, Danabaai, Mosselbaai, 6510, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang