Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Danie’s Self-catering

Selfsorg
  • Kapasiteit: 5 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Marina-rylaan, Fleur Park, Gordonsbaai, 7140, Wes-Kaap
  • Vanaf R2 118 per nag (plek vir 5)

Beskrywing

Danie's Self-catering is 'n selfsorg-vakansiehuis langs die strand wat spog met manjifieke uitsigte oor die Valsbaai-oseaan en die Hottentots-Hollandberge. Ideaal geleë in die hartjie van Gordonsbaai, kan dit 'n wonderlike opsie wees vir 'n kuswegbreek saam met vriende en familie.

Dié eiendom bied slaapplek aan tot 5 gaste op 'n slag en beskik oor 2 slaapkamers en 1 badkamer. Die hoofslaapkamer is ingerig met 'n koningingrootte-bed en die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed. 'n Stort, wasbak en toilet is in die badkamer beskikbaar. Alle linne en badhanddoeke word voorsien; gaste moet egter hul eie strandhanddoeke saambring.

Die oopplan-leefarea beskik oor 'n kombuis wat volledig toegerus is met 'n gasstoof, elektriese oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware asook 'n sentrale etenstafel. 'n Wasmasjien en skottelgoedwasser is ook beskikbaar. Van die kombuis af lei 'n knus sitkamer met gemaklike sitplek en 'n platskerm-TV. Toegang tot gratis WiFi is beskikbaar.

Hierdie area beskik ook oor 'n enkelbed en 'n binnebraai wat ideaal is vir daardie winteraande. Hierdie leefarea het skuifdeure wat na 'n patio oopmaak wat 'n wonderlike plek is vir gaste om ten volle te ontspan en die uitsigte te bewonder. Hierdie huis is net 'n paar tree van die water af.

Kamer-opset

Kapasiteit: 5 Aantal kamers: 3 Aantal badkamers: 1
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Area 1
Plek vir 1 persoon
1 xEnkelslaapbank
Badkamer

Stort, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Badkamer

  • Stort

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Tv

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.6/5

Noelene Geverifieer

Eiendomme 14

Resensies 17

Op LekkeSlaap 5 jaar

Ligging

  • Marina-rylaan, Fleur Park, Gordonsbaai, 7140, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R2 118
per nag (plek vir 5)
Vanaf
Vanaf R2 118
per nag (plek vir 5)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 5 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Marina-rylaan, Fleur Park, Gordonsbaai, 7140, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA34e1adb09bf065b62234f8ecb4b893cebb4803dd9f81c4a3e2857e3632bac2ca7dded8a7605af3ad69315621e4d1badf7ba4?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 118 per nag (plek vir 5) Marina Drive Fleur Park 7140 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.152125 18.859964

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang