Dassiekloof Gasteplaas
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Vanaf die R63, Dassiekloof-plaas, Williston, 8920, Noord-Kaap
- Vanaf R2 000 per nag, vir 6 mense
Beskrywing
Dassiekloof Gasteplaas is op 'n Karooplaas 48 km vanaf Williston geleë en bied selfsorgverblyf vir 5 mense in 'n antieke kliphuis.
Dassiekloof Gasteplaas word met 'n grondpad bereik, en het nie elektrisiteit of selfoonsein nie, maar word deur sonkrag aangedryf. Daar is 'n CellC- en MTN-sein 600 m van die huis af. Die kliphuis beskik oor 3 slaapkamers, 1 badkamer, 'n kombuis en 'n sitkamer.
Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer is ingerig met 'n driekwartbed. Die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens en die slaapkamers deel die gebruik van 'n badkamer met 'n bad.
Die kombuis is toegerus met 'n yskas, 'n stoof en oond, en gaste kan in die sitkamer ontspan.
Braaigeriewe is beskikbaar, en op versoek is braaipakke en vuurmaakhout teen 'n ekstra koste beskikbaar. Opgeleide troeteldiere is welkom mits dit vooraf gereël word, en gaste is welkom om die swembad by die hoofplaashuis in die somer te gebruik. Dit is sowat 3 km verder.
Gaste kan 'n braai onder die sterre geniet, die plaas te voet of per fiets verken. Dassiekloof Gasteplaas vorm deel van die Grafsteenroete, en huisves 'n halfvoltooide grafsteen, met die hand uitgekerf deur die vakman Cornelius de Waal. Die plaas is ook 52 km vanaf die MeerKAT-radioteleskoop.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
1 x Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Bad, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Gastesitkamer
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Troeteldiere indien gereël
- Persoonlike Kluis
- Selfsorg
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Fietsry
- Bergfietsroetes
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Onderdakparkering
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- Seep
- Toiletware
Eenheidgeriewe
- Kluis
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Oond
- Stoof
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.9/5
Hanrie Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 6
Op LekkeSlaap 3 jaar
Ligging
- Vanaf die R63, Dassiekloof-plaas, Williston, 8920, Noord-Kaap
- Gaste dink Dassiekloof Gasteplaas het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Karoo Noord-Kaap
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Vanaf die R63, Dassiekloof-plaas, Williston, 8920, Noord-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang