Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Davison Cottage Hole in the Wall

Selfsorg
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Mqanduli-weg, Hole in the Wall Oord, Mgxotyeni, 5082, Oos-Kaap
  • Vanaf R4 900 per nag (plek vir 8)

Beskrywing

Dié privaat kothuis is in die Hole in the Wall-oord geleë wat 8 km vanaf Koffiebaai geleë is en omring word deur uitgestrekte ongerepte kuslyn. Die oord bied 24 uur-sekuriteit en 4 strande binne stapafstand.

Die kothuis beskik oor 4 slaapkamers waarvan 2 en suite-badkamers het. Die eerste slaapkamer het 'n koningingrootte-bed, 'n stapelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die tweede en derde slaapkamer het elkeen 'n dubbelbed en deel 'n badkamer met 'n bad. Die vierde slaapkamer het 'n aparte ingang na die hoofkothuis en is ingerig met 2 driekwartbeddens en beskik oor 'n en suite-badkamer met 'n stort.

Die leefarea is oopplan en die kombuis is toegerus met 2 yskaste, 'n mikrogolfoond, 'n gasstoof, 'n elektriese oond, 'n kisvrieskas, breekware, eetgerei, 'n broodrooster, ketel, potte en panne. Die sitkamer het gemaklike sitplek, 'n slim-TV en WiFi sodat gaste hul intekeninge kan geniet.

Die ingeboude braai kyk uit oor die strand en groen heuwels. Van die leefarea af lei 'n houtdek met skouspelagtige uitsigte oor die ongerepte Hole In The Wall-strand. Buite is 'n onderdakstoep en 'n Weber-braai vir die reënerige dae.

Parkeerplek word voor die kothuis voorsien. Die eiendom is troeteldiervriendelik en het 'n omheinde binnehof met houtheining. Dit is 'n veilige plek vir troeteldiere om buite te speel en te ontspan.

Die kothuis is net 80 m van die strand af. Gaste kan gebruik maak van die geriewe op die perseel wat 'n swembad, trampolien, wellnesspa, 'n restaurant en kroeg insluit.

Kamer-opset

Slaapplek vir 8 mense 4 Slaapkamers 2 Badkamers

Slaapkamer

4

1 x Koningingrootte-bed

1 x Kinderstapelbed

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Stort, Toilet

Badkamer

Bad, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

WiFi
Swembad
Troeteldiere op versoek
TV
Volledige kombuis
Braai

Resensies

4.4/ 5

Gebaseer op 8 resensies

Baie goed

Netheid
4.4
Ligging
4.5
Waarde vir geld
4.3
Diens
4.5
Veiligheid
4.5

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.7/5

Patricia Geverifieer

Eiendomme 3

Resensies 19

Op LekkeSlaap 8 jaar

Ligging

  • Mqanduli-weg, Hole in the Wall Oord, Mgxotyeni, 5082, Oos-Kaap
  • Gaste dink Davison Cottage Hole in the Wall het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 4 900
per nag (plek vir 8)
Vanaf
Vanaf R 4 900
per nag (plek vir 8)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Mqanduli-weg, Hole in the Wall Oord, Mgxotyeni, 5082, Oos-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAXMexSu3IOJqU12FcjpZ2YGBng1692P5cTPa2aAAmmIP7Glgvtl?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R4 900 per nag (plek vir 8) 8 5 1 5 Mqanduli Road Hole in the Wall Resort 5082 Oos-Kaap 021 201 8901 14:00-22:00 10:00 -32.033815841665 29.110365271576

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang