DCS Self-catering Accommodation Cape Gate
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Moepelsingel, Kleinbron Mews, Kleinbron Landgoed, Durbanville, Kaapstad, 7560, Wes-Kaap
- Vanaf R2 170 per nag, vir 4 mense
Beskrywing
DCS Self-catering Accommodation Cape Gate is ’n moderne woonstel op die grondverdieping en is in ’n veilige landgoed in Durbanville geleë. Die landgoed is 400 m vanaf Cape Gate Mall, Makro en die Cape Gate Hospitaal en Curro Durbanville is minder as 1 km ver.
Dié ruim woonstel het 2 slaapkamers en 1 badkamer. Die hoofslaapkamer het ’n koningingrootte-bed en die tweede kamer het 2 enkelbeddens. Die badkamer beskik oor ’n stort, toilet en wasbak. Die oopplan-kombuis is goed toegerus met ’n yskas, mikrogolf, oond en stoof en ketel.
Die sitarea langsaan het ’n TV met DStv (Gasvryheidspakket) en gratis WiFi is beskikbaar. Die leefarea lei na ’n ruim onderdak-kuierarea wat ’n ingeboude braai en meubels het.
Daar is ’n enkelmotorhuis en direkte toegang tot die woonstel met ekstra parkeerplek voor die eenheid vir nog ’n motor. Die landgoed beskik oor 24 uur-sekuriteit met patrollies, kameras en elektriese omheining. Die eenheid is ook reg langs die dam geleë wat eende en voëls het.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- ADSL-lyn
- 24-uur Ontvangs
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Fietsry
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Forelhengel
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
- Onderdakparkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.6/5
Eric Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 5
Op LekkeSlaap 6 jaar
Ligging
- Moepelsingel, Kleinbron Mews, Kleinbron Landgoed, Durbanville, Kaapstad, 7560, Wes-Kaap
- Gaste dink DCS Self-catering Accommodation Cape Gate het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Brackenfell Noordelike Voorstede Kaapstad Wes-Kaap
- Kapasiteit: 4 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Moepelsingel, Kleinbron Mews, Kleinbron Landgoed, Durbanville, Kaapstad, 7560, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang