De Akker Guest House
- Kapasiteit: 19 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Kerkstraat 82, Oudtshoorn, 6625, Wes-Kaap
- Vanaf R1 200 per nag, vir 2 mense
-
TGCSA-gradering:
Beskrywing
De Akker Gastehuis is sentraal in die middedorp van Oudtshoorn in die Klein-Karoo geleë en is stapafstand vanaf restaurante, museums, winkelsentrums, besienswaardighede, pragtige erfenisgeboue en volstruispaleise.
Die gastehuis bied verblyf in 5 luukse kamers en 2 luukse selfsorg-eenhede, wat altesaam slaapplek aan 19 gaste bied.
Elke luukse kamer/eenheid het 'n DStv-hotelpakket, lugversorging (verhitting en verkoeling), koffie- en teemaakgeriewe, elektriese komberse, 'n USB-poort, toiletware, handdoeke en 'n en suite-badkamer.
Die voorstoep het brosjures oor aktiwiteite en besienswaardighede in die Oudtshoorn-omgewing. 'n Afslagbewyse en 'n kaart van Oudtshoorn en die omliggende gebiede word met inklok aan gaste oorhandig. Verder bied die bestuur bystand met besprekings, aanbevelings en aanwysings.
De Akker Gastehuis het ook 'n ruim ontbyt- en sitarea wat gaste om kan gebruik, asook 'n lowergroen voortuin met 'n swembad en braaigeriewe wat vir almal beskikbaar is. Gratis, veilige parkeerplek is op die perseel agter 'n elektroniese hek beskikbaar. Die hek is geskik vir bakkies en kampeervoertuie. 'n Verwelkomingsdrankie en 'n heerlike tweegang-ontbyt word ook voorsien. Gratis WiFi is beskikbaar.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Linda Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 23
Op LekkeSlaap 7 jaar
Ligging
- Kerkstraat 82, Oudtshoorn, 6625, Wes-Kaap
- Gaste dink De Akker Guest House het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 19 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Kerkstraat 82, Oudtshoorn, 6625, Wes-Kaap
-
TGCSA-gradering: