De Ark Guest House
- Kapasiteit: 22 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Kantoorstraat 37, Lydenburg, 1120, Mpumalanga
- Vanaf R1 200 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
De Ark Guest House bied luukse akkommodasie in 'n koloniale styl in die middel van Lydenburg in die Kruger Laeveld. Die gastehuis is net 90 minute vanaf die Krugerwildtuin en 10 minute vanaf die Gustav Klingbiel Natuurreservaat met sy bergfiets en staproetes, 'n museum, kultuur- en erfenisterreine en grootwildkykplekke.
Die gastehuis het 'n reeks luukse en suite-woonstelle wat kamers met 2 driekwartbeddens, dubbelbeddens en koningingrootte-beddens insluit. Elke kamer is gemeubileer om 'n ander tydperk te weerspieël met 'n eklektiese mengsel van stylmeubels en keurige materiale om die glorie van vervloë tydperke vas te vang. Elke selfsorgwoonstel is behoorlik toegerus en het 'n volledige kombuisie met 'n stoof, mikrogolf en yskas, en beskik ook oor 'n satelliet-TV, elektriese komberse, verwarmers vir die winter en waaiers vir die warm somersdae. Ons intieme wittebroodkamer het 'n luukse spa-bad.
Die pragtige ontwerperstuin bied 'n ontspanne breek van die alledaagse lewe en het 'n manjifieke swembad, gazebo en terras wat ideaal is vir privaat funksies, braaigeriewe en veilige parkeerplek van die straat af. Ontbyt word as 'n heilsame plaasete in die eetkamer met sy balkplafonne en oop kaggel voorgesit en in die somer word ontbyt op die stoep of in die lieflike gazebo voorgesit.
Die manjifieke gastekamers is luuks gemeubileer en het toegang tot 'n Victoriaanse teetuin wat tussen roosbome versteek is en 'n puik restaurant. Hier by ons kan jy terugkeer na toeka se dae waar spoggerige geleenthede aan die orde van die dag was. De Ark Guest House het ook 'n venue vir korporatiewe funksies, vergaderings en intieme kunsfunksies in die luukse Bonaparte Teater. Vir ware romantici is De Ark Guesthouse die perfekte onthaal-venue vir 'n sprokiestroue. Ons doen geleentheidsbeplanning, behartig die seremonie onder 'n gazebo en reël die onthaal. Die wittebroodsuite en ander akkommodasie is beskikbaar aan gaste.
As gaste 'n bietjie langer hier bly kan hulle die skouspelagtige besienswaardighede in die Kruger Laeveld verken. Dit sluit die Panorama-roete met die Blyderiviercanyon, Bourke's Luck Potholes, God's Window, Graskop, Sabie, Hoedspruit en die Krugerwildtuin in. Na 'n dag van verkenning kan gaste by The Fickle Fox, 'n baie gesellige kroeg en sigaar-sitkamer in.
Die gastehuis is gerieflik geleë vir daguitstappies na dié plekke en is ook naby verskeie avontuur-doendinge, voëlkyk- en forelvisvangplekke en kultuur- en erfenisterreine. De Ark Guesthouse is die perfekte blyplek vir paartjies, enkelreisigers, sakereisigers, gesinne met kinders en groot groepe.
Kenmerke
Geriewe
- ADSL-lyn
- 24-uur Ontvangs
- Kroeg
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Swembad
- Begeleide Wildritte as Ekstra
- Braaiplek
- Speletjieskamer
- Gastesitkamer
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Troeteldiere indien gereël
- Restaurant op Perseel
- Persoonlike Kluis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Gratis WiFi
- Konferensiegeriewe
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Kunsvlieghengel
- Visvang
- Forelhengel
- Baarshengel
- Groot 5
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
- Zoeloe
Maaltye Aangebied
- Ontbyt
- Aandete Op Versoek
- Drankies ingesluit
- Piekniekmandjies Op Versoek
- Tee
Konferensiegeriewe
- Wegbreekkamers
- Dataprojektor
- DVD-speler
- Blaaibord
- Witborde
- Skootrekenaar-projektor
- Rekenaar Netwerklewering
- Internet
- Televisie
- Plek vir 50 of meer afgevaardigdes
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
- Agter Elektriese Hek
- Onderdakparkering
- Parkering Van Die Straat Af
- Parkering Op Die Straat
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Francis Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 18
Op LekkeSlaap 8 jaar
Ligging
- Kantoorstraat 37, Lydenburg, 1120, Mpumalanga
- Gaste dink De Ark Guest House het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Lydenburg Panoramaroete Mpumalanga
- Kapasiteit: 22 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Kantoorstraat 37, Lydenburg, 1120, Mpumalanga
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang