Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

De Buck Guest Farm

Selfsorg
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Soos Gesien op Facebook
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Strydfontein-plaas, Reitz, 9810, Vrystaat
  • Vanaf R5 200 per nag, vir 8 mense

Beskrywing

De Buck Guest Farm bied selfsorgverblyf in 'n ruim plaashuis in die hartjie van die Oos-Vrystaat. Die plaashuis is ideaal vir 'n wegbreek uit die stad en bied rus, vrede en wildkykgeleenthede. Daar is springbokke, swartwildebeeste, blesbokke en waterbokke om te sien. Avontuurlustige gaste kan bergfietsry, voetslaan en visvang of hul eie vierwielmotorfietse saambring om die plaaspaaie te verken.

Die plaashuis bied slaapplek aan 8 gaste en beskik oor 3 slaapkamers, 2 badkamers, 'n kombuis, eetkamer en sitkamer. Die eerste slaapkamer het 'n koningingrootte-bed, staanwaaier en 'n en suite-badkamer met 'n bad, handstort, toilet en 'n wasbak. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en die derde slaapkamer het 4 enkelbeddens. Gaste deel 'n badkamer met 'n hoekbad en 'n stort.

Die groot kombuis is met 'n stoof, oond, mikrogolfoond, ketel en 'n broodrooster toegerus. Die eetkamer het 'n etenstafel met sitplek vir 8 gaste. Die sitkamer het gemaklike sitplek en 'n platskerm-TV met sekere DStv-kanale. Die sitkamer lei na 'n beskutte stoep met sitplek. Gaste kan saans onder die sterre braai en daar is parkeerplek in 'n motorhuis.

Kamer-opset

Kapasiteit: 8 Aantal kamers: 3 Aantal badkamers: 2
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Slaapkamer 3
Plek vir 4 mense
4 xEnkelbed / Driekwartbed
Badkamer 1
En-suite  - Slaapkamer 1
Bad, Toilet
Badkamer 2

Stort, Bad, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Baarshengel
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Aparte toilet
  • Stort

Eenheidgeriewe

  • Eetkamer
  • Verekombers
  • Waaier
  • Sitkamer

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Dvd
  • Eksklusiewe dstv
  • Tv

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 9 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.6
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.7
Veiligheid
4.8
Wat gaste dink
Reta M
Saam met vriende
5.0
Stil en rustig. 'n Heerlike rustige naweek. Doodstil en baie plek om te stap. Soveel voëls. Die huis is gerieflik en baie goed toegerus. Kommunikasie ...
Sien meer
Sep 2023
James H
Gesin met klein kinders
5.0
Vervullend. Volledig ingerig, skoon en netjies, huislik, baie om te doen in die natuur, asemrowende landskappe, gulde fotogeleenthede.
Aug 2023
J D
5.0
Excellent in every aspect. We are definitely planning to visit you again.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Jul 2023
Junita B
Gesin met tieners
5.0
Pragtige natuurskoon. Ruim, volledig toegeruste huis. Grondpad na huis is ver, maar afgesonderheid en natuurskoon met die kliprantjie en blesbokke maa...
Sien meer
Jan 2023
Carlize V
4.4
Rustig en lekker. Ek het baie lekker gebly, dankie.
Des 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Azane Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 9

Op LekkeSlaap 3 jaar

Ligging

  • Strydfontein-plaas, Reitz, 9810, Vrystaat
  • Gaste dink De Buck Guest Farm het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Reitz Vrystaat
Vanaf
Vanaf R5 200
per nag, vir 8 mense
Vanaf
Vanaf R5 200
per nag, vir 8 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 8 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Strydfontein-plaas, Reitz, 9810, Vrystaat
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA11174756891629b7b93973f6589a025d623b2298280adbda14bc10366295f639beefac883e228c0cf85acc2c412ae92d2904?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R5 200 per nag, vir 8 mense 9 5 1 5 Strydfontein Farm Reitz 9810 Vrystaat 021 201 8901 14:00-21:00 11:00 -27.94825882269 28.449192348215

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang