De Buysvlei Guesthouse
- Kapasiteit: 9 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Tussen Nanaga en Alexandria op die R72, Buyskloof, 6185, Oos-Kaap
- Vanaf R6 750 per nag, vir 9 mense
Beskrywing
De Buysvlei Guesthouse is 'n pragtige plaashuis in die hartjie van Buyskloof tussen Nanaga en Alexandria op die R72. Dit is naby die Addo Olifantpark wat dit die ideale opsie maak vir 'n rustige wegbreek ver van die gedruis van die stad.
Die huis bied slaapplek aan 9 gaste en beskik oor 5 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, hoekbad, wasbak en toilet. Daar is nog twee slaapkamers met 'n dubbelbed in elk, die vierde slaapkamer het 'n stapelbed en die vyfde slaapkamer het net 'n enkelbed. Die tweede badkamer het 'n bad, stort, wasbak en toilet.
Die oopplan-leefarea en -kombuis is met 'n gasstoof, elektriese oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware toegerus. Daar is ook 'n sentrale etenstafel. DIe huis het ook 'n knus TV-kamer en 'n formele sitkamer met 'n kaggel. Gratis WiFi is beskikbaar.
Buite is daar 'n stoep met buitesitplek en braaigeriewe. Dit is die ideale plek vir 'n skemerkelkie met 'n pragtige uitsig oor die landskap. Die huis is net 30 minute vanaf die suidelike hek na Addo en die naburige areas sluit Nanaga, Alexandria, Colchester en Kenton-on-Sea in.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
1 x Stapelbed
Slaapkamer
1 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- 24-uur Ontvangs
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Troeteldiere indien gereël
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Groot 5
- Wildritte
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Aandete Op Versoek
- Piekniekmandjies Op Versoek
- Etes Op Versoek
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Aparte toilet
- Stort
- Seep
- Toiletware
Eenheidgeriewe
- Lugversorging
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Boeke en tydskrifte
Ligging
- Tussen Nanaga en Alexandria op die R72, Buyskloof, 6185, Oos-Kaap
Sien meer verblyf in Greater Addo Oos-Kaap
- Kapasiteit: 9 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Tussen Nanaga en Alexandria op die R72, Buyskloof, 6185, Oos-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang