Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

De Doornkraal Vinotel

Gastehuis
  • Kapasiteit: 30 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Lower Long-straat 8, Riversdale, 6670, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 600 per nag, vir 2 mense
  • TGCSA-gradering:

Beskrywing

De Doornkraal Vinotel is op die Tuinroete in Riversdal in die Wes-Kaapprovinsie van Suid-Afrika geleë. Dit word omring deur die argitektoniese prag van die ou Laer Langstraat-opstalle. Die De Doornkraal Aan't Vette Wynlandgoed se wingerd strek tot by die Vetterivier wat aan die dorp grens. Die historiese hoofwoning van die De Doornkraal Vinotel, is een van die oorspronklike strukture op die plaas wat in 1746 geproklameer is.

De Doornkraal is eko-vriendelik en gebruik sonwaterverhitting. Alle kamers is en suite en bied gratis internet. Gaste kan diens aan die twee privaat sitkamers geniet. Twee kothuise met sitkamers en patio's vul die normale verblyf aan. Gaste ervaar totale privaatheid aangesien die gashere in die opstal van die De Doornkraal Aan't Vette Wynlandgoed woon.

'n Swembad is in die tuin geleë vir die eksklusiewe gebruik van gaste. Geniet 'n drankie by die swembad of in die aangrensende wyntuin waar 'n 200 jaar oue wingerdstok steeds druiwe dra.

Die intieme Aan't Vette Country Kitchen het 'n wonderlike wynlys en bedien vars plaaslike kos met 'n tikkie geure van regoor die wêreld. Die restaurant is oop vir ontbyt en aandete. Daar is oorgenoeg veilige parkeerplek vir gaste.

Vir organisasies wat 'n blaaskans van die stadslewe nodig het, bied De Doornkraal konferensiegeriewe in die opgeknapte, lugversorgde voormalige vrymesselaars "Lodge Frere" gebou in 1888 wat deel vorm van die kompleks.

Ontspanningsaktiwiteite sluit gholf, voëlkyk, besienswaardighede, pieknieks, visvang, fynbos-staproetes en perderoetes in.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Veilige Parkering
Konferensiegeriewe

Geriewe

  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Swembad
  • Gastesitkamer
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Restaurant op Perseel
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Wynkelder
  • Konferensiegeriewe

Aktiwiteite op perseel

  • Perdry
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Xhosa

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete
  • Middagete
  • Piekniekmandjies Op Versoek

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging
  • Wegbreekkamers
  • Dataprojektor
  • DVD-speler
  • Blaaibord
  • Witborde
  • Skootrekenaar-projektor
  • Kantoorgeriewe
  • Sekretariële Geriewe
  • Internet
  • Plek vir 50 of meer afgevaardigdes

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • American Express
  • Diners-kaart
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 38 resensies

Uitstekend

Netheid
4.7
Ligging
4.4
Waarde vir geld
4.3
Diens
4.7
Veiligheid
4.7
Wat gaste dink
Erica K
Gesin met tieners
5.0
Netjies, gerieflik, veilig, luuks en baie skoon. Regtig baie lekker. Sal beslis weer besoek daar aflê.
Sep 2024
Mackie J
Saam met lewensmaat
5.0
Fantasties. Wonderlike diens en beleefde personeel. Sal elke jaar terugkom!
Jul 2024
Tracey J
Saam met lewensmaat
5.0
Peaceful. We stayed overnight en route to family in the Hemel and Aarde Valley, and we would do it again as it was a lovely peaceful pl...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Des 2023
Liesl F
Saam met lewensmaat
4.6
Baie mooi huis, vriendlike en behulpsame mense. Goed ontvang, kos was ook baie lekker. So rustig ons het verslaap vir die eerste keer in 20 jaar!
Jan 2024
Hennie D
4.2
Fantasties. Ontbyt was ongelooflik.
Des 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.6/5

Eleane Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 38

Op LekkeSlaap 12 jaar

Ligging

  • Lower Long-straat 8, Riversdale, 6670, Wes-Kaap
  • Gaste dink De Doornkraal Vinotel het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 600
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R1 600
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 30 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Lower Long-straat 8, Riversdale, 6670, Wes-Kaap
  • TGCSA-gradering:
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA831536d5dab51afc849d044eacdef4a137a8313407f9bf7cf9abadebc30b8835f749230e17163a0f7307c9614f41b7d4ab93?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 600 per nag, vir 2 mense 38 5 1 5 8 Lower Long Street Riversdale 6670 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-20:00 11:00 -34.088863618322 21.261954009533

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang