De Draai Gastehuis
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: R354, Wilgerbosch Kraal Plaas, Eerfdeel 2, Sutherland, 6920, Noord-Kaap
- Vanaf R2 800 per nag, vir 8 mense
Beskrywing
De Draai Gastehuis is 'n selfsorghuis wat op die eienaar se plaas buite Sutherland, Noord-Kaap, geleë is. Hierdie huis is die ideale opsie vir vriende en familie wat op soek is na 'n rustige ontsnapping weg van die stadsgewoel.
Dié rustieke plaashuis het slaapplek vir 8 gaste en beskik oor 3 slaapkamers en 1 badkamer. Die eerste 2 slaapkamers het elk 'n dubbelbed en die derde slaapkamer het 4 enkelbeddens. Die gedeelde badkamer het 'n stort, wasbak en 'n toilet. Linne en handdoeke word voorsien.
Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, gasstoof, oond, mikrogolfoond, eetgerei, breekware en koffie- en teemaakgeriewe toegerus. Die eetarea het 'n etenstafel en 'n binnebraai. Die sitarea het oorgenoeg gemaklike sitplek. Toegang tot WiFi is beskikbaar.
Gaste het toegang tot 'n buitebraai en veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar. Dié verblyf is langs die Renosterrivier en is sowat 31,6 km buite Sutherland waar geriewe soos winkels en restaurante is.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
4 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
5/5
Engela Nuut op LekkeSlaap!
Eiendomme 1
Resensies 1
Op LekkeSlaap 8 maande
Ligging
- R354, Wilgerbosch Kraal Plaas, Eerfdeel 2, Sutherland, 6920, Noord-Kaap
- Gaste dink De Draai Gastehuis het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: R354, Wilgerbosch Kraal Plaas, Eerfdeel 2, Sutherland, 6920, Noord-Kaap