De Gunst Guest Farm
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 16 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: De Gunst Plaas, R46 op pad na Riebeek Kasteel, Malmesbury, 7300, Wes-Kaap
- Vanaf R1 200 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
De Gunst Guest Farm bied bekoorlike selfsorg-eenhede en is op 'n werkende plaas geleë, 7 km vanaf Malmesbury, op die pad na Riebeek-Kasteel in die Wes-Kaap. Perfek vir paartjies, vriende of gesinne wat op soek is na gerieflike luukse verblyf, naby 'n verskeidenheid doendinge en geriewe.
Verblyf by De Gunst Guest Farm bestaan uit 4 eenhede wat ruim en vrystaande is. De Harvest het slaapplek vir 2 volwassenes en 1 kind, en De Vine het slaapplek vir 2 volwassenes. Die badkamers is toegerus met 'n stort. De Olive het slaapplek vir 2 gaste, óf 2 enkelbeddens óf gekombineer as 'n koninggrootte-bed. Die en suite-badkamer het 'n stort.
De House het slaapplek vir 8 gaste op 'n slag en beskik oor 4 slaapkamers en 2 badkamers. Die eerste 2 slaapkamers is elk ingerig met 'n koninggrootte-bed terwyl die ander 2 slaapkamers 2 enkelbeddens het. Die badkamers is toegerus met 'n bad, stort, toilet en wasbak.
Die kombuise van beide De Vine en De Harvest is toegerus met 'n lugbraaier, stoof, mikrogolfoond en yskas asook tee- en koffiemaakgeriewe.
Gaste het toegang tot gratis WiFi, 'n privaat dek met braaigeriewe en veilige parkeerplek.
De Gunst Guest Farm is 'n entjie se ry weg van 'n verskeidenheid doendinge en geriewe, soos restaurante en bekende wynkelders, olyfplase, 4x4-roetes, 'n gholfbaan en die skilderagtige Riebeekvallei. Geniet 'n stappie op die plaas met skilderagtige uitsigte en voëlkyk.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Santa-Mari Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 72
Op LekkeSlaap 9 jaar
Ligging
- De Gunst Plaas, R46 op pad na Riebeek Kasteel, Malmesbury, 7300, Wes-Kaap
- Gaste dink De Gunst Guest Farm het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Malmesbury Boland Wes-Kaap
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 16 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: De Gunst Plaas, R46 op pad na Riebeek Kasteel, Malmesbury, 7300, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang