Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

De Hoek Manor

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 6 resensies

Uitstekend

Netheid
4.3
Ligging
5.0
Waarde vir geld
4.5
Diens
4.5
Veiligheid
4.8
Wouter V
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Des 2023

Fantasties! Fantastiese gastehuis, ligging, diens! Heerlike ontbyt.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Ilse
De Hoek Manor
Baie dankie! Julle was perfekte gaste

Nothnagel W
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Okt 2020

Net te kort. Dit is n pragtige bly plek. Ilse is absoluut n wonderlike mens en groot aanwins vir De Hoek. As ek ooit weer in Stellenbosch sal ek weer by die De Hoek wil bly. Dit so mooi daar. Groete

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Francois E
Kort verblyf Saam met lewensmaat
4.0
Jan 2019

Uiters sentraal. Stapafstand van talle restaurante, kuierplekke en winkels. Goeie ontbyt. Was verras dat daar wel in daardie gedeelte van Stellenbosch ook gastehuisparkering is. Ek sou wel wou sien dat 'n gastehuis in hierdie prysklas 'n gratis koffiemasjien/diens het wat die heeldag beskikbaar is aan gaste.

Netheid
3.0
Diens
3.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0

Isobel O
1 nag Saam met lewensmaat
4.6
Des 2018

Professioneel, vriendelik, behulpsaam - lieflike akkommodasie. Ons het een aand hier oorgebly en het regtig uitstekende diens ervaar. Ons is toegelaat om bietjie vroeër in te kom, want die kamer was reeds reg vir gaste en ons het 'n baie mooi kamer gehad - dit was stil en privaat. Die kamer was netjies en die badkamer is massief groot en alles is baie mooi gemaak om gaste welkom te laat voel. Die lugversorger was heerlik koel op die warm Stellenbosch dag en ons het lekker koel geslaap in die skoon linne en gemaklike bed. Ons het veral gehou van ons privaat balkonnetjie waar ons 'n lekker drankie kon sit en geniet. Die Club Room is ook 'n lekker verrassing, ons het nie daar gekuier nie a.g.v. ons besige program, maar dit was heerlik gesellig, tot met 'n klein kombuisie en heerlike balkon en rusbanke. Die volgende oggend was 'n ander baie vriendelike dame aan diens en het ook vir ons lekker bederf met 'n kontinentale en Engelse ontbyt. Die atmosfeer in De Hoek is baie rustig en privaat, maar die personeel is altyd iewers naby om te help met enige versoeke. Dit was regtig 'n heerlike ondervinding.

Netheid
4.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0
Ilse
De Hoek Manor
Baie dankie. Julle was perfekte gaste. Hartlike groete van ons almal. Ilse

Sulize B
Kort verblyf
5.0
Mei 2017

Baie geniet. Baie goeie en gerieflike verblyf.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Ilse
De Hoek Manor
Dankie, dit was lekker om julle te ontvang. Groete Ilse

Paul B
1 nag Besigheidsreis
4.2
Feb 2017

Goeie ligging. Stapafstand van alles in Stellies. Baie nice.

Netheid
4.0
Diens
4.0
Ligging
5.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
4.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.6/5

Ilse Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 6

Op LekkeSlaap 12 jaar

Vanaf R3 100
R3 100 R2 635
per nag, vir 2 mense
Vanaf R3 100
R3 100 R2 635
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 mense
  • Geen kinders
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Drostdy-straat 9, Stellenbosch, 7600, Wes-Kaap
  • TGCSA-gradering:
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAArI44j2nSvtJnVWTcGWCSEuany7ci1zIhoGykT8gRuwKPgyEitA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R3 100 nouVanaf R2 635 per nag, vir 2 mense 6 5 1 5 9 Drostdy Street Stellenbosch 7600 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-17:00 10:00 -33.937894842868 18.863589763641

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang