Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

De Hoop Cottages

  • Kapasiteit: 12 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Laaiplaas, De Hoop, Robertson, 6705, Wes-Kaap
  • Vanaf R720 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

De Hoop Cottages bied bekoorlike selfsorgverblyf op 'n plaas naby Robertson in die Wes-Kaap. Die verblyf is op 'n rustige plaas genaamd Laaiplaas waar daar beperkte selfsoonsein is. Die plaas is aan die einde van die De Hoop-kloof aan die voet van die Langeberge en bied 'n pragtige uitsig oor die natuur en op die berge. Daar is 'n grondpad van 2 km wat na die plaas lei.

Vir bekostigbare plaasverblyf kies tussen volledig toegeruste selfsorgkothuise met elektrisiteit of ten volle toegeruste selfsorg-boshutte met geen elektrisiteit, net gas.

Adam se Huis en Swink se Huis het slaapplek vir 2 gaste elk en Ampie se Huis en July se Huis elkeen slaapplek vir 4 gaste. Al die eenhede het netjiese badkamers, binne- en buitebraaigeriewe en houtdekke. Beddegoed en handdoeke word voorsien. Gratis WiFi is beskikbaar.

Die Boshuisies, Die Boshuisie 1 en Die Boshuisie 2, is selfsorg-houthuisies met slaapplek vir 4 gaste elk. Dit is privaat in 'n kloof geleë en is geskik vir diegene wat meer avontuurlustig is. Daar is binne- en buitebraaigeriewe en 'n houtdek. Daar is geen elektrisiteit nie, slegs gasgeriewe. Dit bied 'n kamp-ervaring waar jy nie 'n tent hoef saam te bring nie. Beddegoed word nie voorsien nie en ablusiegeriewe is sowat 80 m van die huisie af. 'n Voertuig met hoë grondvryhoogte (nie 'n 4x4 nie) word aanbeveel om dié huisies te bereik.

Bo-en-behalwe wonderskone berg-uitsigte, spog hierdie omgewing met ongerepte natuurskoon, voëllewe, wandelinge op die plaas of in die kloof met sy helder bergpoele, heerlike swemsessies in die plaasdamme. Jy kan ook bloot op die dek sit en die rustige omgewing geniet.

Die plaas is net 10 km buite die dorp geleë, sowat 15 minute se ry van al die nodige winkels en al die wynkelders waarvoor hierdie streek so bekend is.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 281 resensies

Uitstekend

Netheid
4.6
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.6
Veiligheid
4.7
Wat gaste dink
Suzanne G
Saam met lewensmaat
5.0
Awesome. Awesome place just to relax - soul food!
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sep 2024
Elsabe H
Saam met vriende
5.0
Sielerus. Stilte. Vrede. Geen TV. Was heerlik en rustig. Primitief maar alles wat jy benodig.
Sep 2024
Debbie J
Saam met lewensmaat
5.0
Ongelooflik rustig en pragtig. Dit was so mooi en rustig. Ons sal weer gaan, dis vir seker. Die staproetes wat hulle nou vergemaklik het, is pragtig. ...
Sien meer
Aug 2024
Zelda V
Saam met vriende
5.0
Die stilte en rustigheid van die omgewing was verkwikkend vir die siel. Heerlike tydjie gehad. Eienaars was baie vriendelik. Akkommodasie het alles wa...
Sien meer
Jul 2024
Richard O
Saam met vriende
5.0
Peaceful and quiet - great fireplace. Great home from home.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Jul 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.6/5

Laetitia Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 282

Op LekkeSlaap 10 jaar

Ligging

  • Laaiplaas, De Hoop, Robertson, 6705, Wes-Kaap
  • Gaste dink De Hoop Cottages het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R720
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R720
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 12 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Laaiplaas, De Hoop, Robertson, 6705, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA888c9b82dad4a12f523346b6e604690aa239429fcb122416be8c5df95f3110fa76466f1ed7c428854821c17fa74404b5357d?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R720 per nag, vir 2 mense 281 5 1 5 Laaiplaas De Hoop 6705 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -33.75216753953 19.952710050226

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang