De Hoop Opstal Houses
- Kapasiteit: 18 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: De Hoop Natuurreservaat, De Hoop, 7280, Wes-Kaap
- Vanaf R5 700 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
De Hoop Opstal Houses is tussen Melkhoutbome naby die Opstal-area in die pragtige De Hoop Natuurreservaat geleë. Die Opstal-area is 'n sentrale basis vanwaar gaste die reservaat kan verken. Die Fig Tree Restaurant is ook in dié area en is heel dag oop. Die restaurant op die perseel bedien heerlike maaltye en maak van plaaslike produkte gebruik. Gaste kan ry, voetslaan of fietsry na die interessante dele in die reservaat.
Daar is 3 drieslaapkamerhuise wat elk 'n aparte sitkamer met 'n kaggel, 'n eetkamer en 'n kombuis wat volledig toegerus is het. Die badkamer het elkeen 'n bad en 'n stort. Elke kombuis het 'n yskas-vrieskas, mikrogolfoond, oond, stoof, basiesd eetgerei en breekware, basiesd kombuisgeriewe, skottelgoedseep en 'n sponsie. Elke huis het 'n buitebraai-area met 'n permanente braairooster en braaitoerusting. Vuurmaakhout word nie voorsien nie, maar gaste kan hul eie hout by die kuriowinkel koop. Die huis is ideaal vir 'n gesin of vriendegroep.
Die De Hoop Natuurreservaat bied see, sandduine, vleiland, blommeprag, raar fynbosspesies, verskeie bokspesies en die Potberge. Voëlkykentoesiaste kan waadvoëls aan die oewer van die vlei gewaar en die Potberg is die tuiste van 'n kolonie bedreigde kransaasvoëls. Gaste wat op die reservaat voetslaan of fietsry staan 'n kans om bontebokke, die Kaapse bergkwagga, elande, bobbejane en volstruise te gewaar. Daar is 'n dagroete deur die welige fynbosvlaktes of langs die verlate kuslyn, bergfietsroetes al langs verskeie grondpaaie, asook landskapsritte wat geskik is vir voertuie. Kom ontspan op die strand en snorkel in die turkoois rotspoele. Daar is ook 'n tennisbaan, 'n swembad en 'n rolbalbaan in die reservaat.
Kenmerke
Geriewe
- Kinderoppasser Op Versoek
- Swembad
- Begeleide Wildritte as Ekstra
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Restaurant op Perseel
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- Konferensiegeriewe
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
- Xhosa
Maaltye Aangebied
- Ontbyt
- Aandete
- Middagete
- Piekniekmandjies Op Versoek
- Tee
Konferensiegeriewe
- Blaaibord
- Witborde
- Internet
- Plek vir tot 30 afgevaardigdes
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- American Express
- Diners-kaart
- Kontant
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.7/5
Nicola Geverifieer
Eiendomme 9
Resensies 6
Op LekkeSlaap 4 jaar
Ligging
- De Hoop Natuurreservaat, De Hoop, 7280, Wes-Kaap
- Kapasiteit: 18 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: De Hoop Natuurreservaat, De Hoop, 7280, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang