Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

De Kamp Gasteplaas

Resensies

5/ 5

Gebaseer op 11 resensies

Ongelooflik

Netheid
5.0
Ligging
4.8
Waarde vir geld
5.0
Diens
5.0
Veiligheid
5.0
Thomas J
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Sep 2024

Skoon, en netjies, met vriendelike mense. Presies die tipe blyplek wat ons wou gehad het in blommetyd. Ons moes eintlik langer gebly het.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Marita S
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Sep 2024

Ideaal vir natuurliefhebbers. Kan stap op plaas en dam se natuurlewe geniet. Die ideale plek vir heeltemal afskakel. Uitstekend toegerus vir selfsorg, vriendelike mense en pragtige omgewing.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Ian N
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Sep 2024

Heerlik. Eienaars was baie behulpsaam en vriendelik. Heerlik gebly op die plaas en stilte baie geniet.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Lida M
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Sep 2024

Aangename plaasgevoel. Lekker gebly, heerlike plaasgevoel. Aangename gasvrou en -heer. Let wel, hierdie eenheid vorm deel van eienaar se plaashuis, nie losstaande.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Jaco M
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Sep 2024

Die stilte, die rustigheid, slegs die sterre en naggeluide in die aand was so lekker. Die verblyf by Dekamp Gasteplaas was heerlik gewees.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Lynette
De Kamp Gasteplaas
Pragtige twee mense wat die natuurlewe en rustigheid so waardeer en geniet. Elke aand gebraai en na die sterrehemel gekyk. Goeie waardesisteem en waardering vir moeite gedoen vir hulle.

Rina S
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Aug 2024

Verblyf tydens blommetoer. Het ons vooraf gekontak met aanwysings en inligting. Ons is baie vriendelik ontvang deur Lynette en Christo. Dit was heerlik om by hulle oor te bly en te kuier. Die plaas is pragtig en die eenheid is keurig gemeubileer. Hulle gaan uit hul pad om te sorg dat gaste gemaklik is.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Lynette
De Kamp Gasteplaas
As ek 'n toergroep moet saamstel, sluit ek hulle beslis in. Aangenaamste twee mense - wereldwys en was so heerlik en maklik om gasvrou vir hulle te speel. Sien julle by die geelhek.

Paul D
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Aug 2024

Aangename gasvryheid en omgewing. Sal verblyf hier vir seker aanbeveel. Baie vriendelike ontvangs. Alles netjies gewees, geen tekorte. Daar is ook 'n klein stofie en oondjie beskikbaar. Werkende plaas, te lekker om te hoor wanneer die skaap na die kraal aangejaag word. Goeie ligging vir blomme kyk. Heelwat blomme op die plaas asook in die omgewing. Naby Nieuwoudtville met sy blomme en waterval.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

George S
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Aug 2024

Lekker plaaskuier, nie te ver van alles. Rustige verblyf op 'n skaapplaas. Die gasvrou is baie behulpsaam met raad en hulp. Pragtige tuintjie gemaak voor gaste-ingang en 'n lekker braai waar jy die sonsondergang kan bekyk. Alles wat jy nodig het, is met sorg beskikbaar gemaak. Lekkerste beddegoed.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Andre M
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Aug 2024

Veilige en gemaklike verblyf in 'n pragtige omgewing. Goed ingerigte oornagkamer op 'n werkende skaapplaas op die Kaapse roete na die Kgalagadi. Veilige omgewing. Lynette is 'n baie behulpsame en sorgsame gasvrou. Ons het baie tuis gevoel.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Charlotte K
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Aug 2024

Bevoorreg om die plaaslewe te kan ervaar, ongelooflike gasvryheid. Wat 'n voorreg om op 'n werkende plaas te kan oornag, die akkommodasie is pragtig en die gasheer en gasvrou het uit hul pad gegaan om dit vir ons lekker te maak. Ons sal beslis weer teruggaan. Ook naby aan verskeie dorpe en plekke om blomme te sien.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Lynette
De Kamp Gasteplaas
Baie dankie vir die kosbare terugvoering wat ek en Christo ontvang het. Ons waardeer dit ontsettend baie. Op die oomblik leef ek my passie vir mense met my blommegaste uit. Wat 'n voorreg om dan twee sulke pragtige mense soos julle oor ons pad te kry. Tot volgende keer beslis. Sien julle by die geel hek.

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

5/5

Lynette Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 11

Op LekkeSlaap 1 jaar

Vanaf
Vanaf R 950
per nag (plek vir 2)
Vanaf
R 950
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 2 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: De Kamp-plaas, Vanrhynsdorp, 8170, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA286b64a2b020ded60290882d0fef45cdc2fb9506961ac8374fb2daa0ebe64a84d82ea3e94f34de1057e8a1754c188d98d650?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R950 per nag (plek vir 2) 11 5 1 5 De Kamp Farm Vanrhynsdorp 8170 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -31.547396751211 18.887742686213

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang