De Kamp Gasteplaas
- Kapasiteit: 2 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: De Kamp-plaas, Vanrhynsdorp, 8170, Wes-Kaap
- Vanaf R950 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
De Kamp Gasteplaas is 'n skaapplaas wat deur 'n familie besit word en in die Vanrhynsdorp area op die rand van die pragtige Namakwaland skuil. Dit is die perfekte oornagplek vir reisigers en avonturiers wat na Namibië en die Kgalagadi reis. Die plaas is sowat 15 km vanaf Vanrhynsdorp geleë.
Die selfsorg-eenheid grens aan die plaashuis en bied slaapplek aan 2 gaste. Dit beskik oor 'n slaapkamer met 'n dubbelbed, 'n TV teen die muur met DStv, 'n waaier en genoeg pakplek. Die aparte badkamer het 'n stort, wasbak en 'n toilet. Alle linne en badhanddoeke word voorsien. Gratis WiFi is beskikbaar.
Die kamer het 'n kombuisie wat met 'n mikrogolfoond, yskassie, ketel, stofie en 'n etenstafel met sitplek vir 3 toegerus is. 'n Koffiestasie met tuisgebakte beskuit is ook ingesluit.
Buite is daar 'n lapa en opwasgeriewe. Die eenheid is ideaal vir gaste wat die veldblomme kom kyk en op soek is na 'n rustige plaasatmosfeer, 'n panoramiese uitsig en pragtige sonsondergange.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Badkamer
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
5/5
Lynette Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 11
Op LekkeSlaap 1 jaar
Ligging
- De Kamp-plaas, Vanrhynsdorp, 8170, Wes-Kaap
- Gaste dink De Kamp Gasteplaas het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Vanrhynsdorp Wes-Kaap
- Kapasiteit: 2 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: De Kamp-plaas, Vanrhynsdorp, 8170, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang