Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

De Keurboom Guesthouse

  • Kapasiteit: 24 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Keurboomlaan 30, Kuilsriver, Kaapstad, 7580, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 200 per nag, vir 2 mense
  • TGCSA-gradering:

Beskrywing

De Keurboom Guesthouse is 'n luukse, ruim selfsorg-gastehuis in Kaapstad se Noordelike Voorstede. Ons bied plattelandse rustigheid naby die middestad en al die bekendste besienswaardighede. Sakereisigers en vakansiegangers sal mal wees oor De Keurboom Guesthouse se puik, gerieflike verblyf, privaat omgewing en bekostigbare tariewe.

Elke selfsorg-eenheid het 'n hoofslaapkamer met 'n digitale kluis, paneelverwarmer en 'n en suite-badkamer. Die 2 ander kamers beskik elkeen oor 2 enkelbeddens en deel die tweede badkamer. Al die beddens is oorgetrek met puik, wit linne en donsveer-duvets. Elke slaapkamer het 'n plafonwaaier en 'n olieverwarmer. Die oopplan-leefarea met sy binnebraai en aansluitende stoep met pergola en tuinmeubels is gemáák vir lekker kuiers. Die sitkamer het genoeg sitplek, 'n paneelverwarmer, plafonwaaier, en satelliet-TV. Die kombuis is ten volle toegerus met 'n stoof, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware. Elke eenheid het 'n toesluitmotorhuis vir 1 motor. En ons het ook 'n klein biblioteek bygevoeg vir jou gerief.

Kuilsrivier word beskou as die poort tot die Wes-Kaap se Wynroete en dit is ideaal vir besoekers wat die ganse Kaapse metropool wil besoek. Bottelary en Stellenbosch se wynroetes bied uitstekende wynproe-plekke, restaurante en teetuine. Gholfliefhebbers sal ook mal wees oor die feit dat Kuilsrivier Gholfklub naby die gastehuis geleë is.

Van die nabygeleë besienswaardighede sluit Willowbridge Lifestyle Centre, Tygervallei-sentrum, Cape Gate, Mangwanani-spa en Grand West Casino in so daar is legio restaurante om van te kies en te keur. De Keurboom Guesthouse is ook lekker na aan Zevenwacht Wine Estate en Langverwacht met hul pragtige troulokale.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Kinderoppasser Op Versoek
  • Braaiplek
  • Speletjieskamer
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Bergfietsroetes

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete Op Versoek
  • Etes Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • American Express
  • Reisigerstjeks
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 45 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.5
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.8
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Elmar C
5.0
Gevaarlik. Awesome lekker man, geen klagies.
Okt 2024
Braam C
Gesin met tieners
5.0
Netjiese skoon eenheid, baie goed geleë. Baie gelukkig met die eenheid en sal definitief weer daar bly wanneer ek Kaapstad toe gaan.
Sep 2024
Anton D
Gesin met tieners
5.0
Ideale huisie met als wat jy nodig het. Het ons baie welkom laat voel. Die huis is baie netjies en het als in wat jy nodig het, selfs tee, koffie, bes...
Sien meer
Sep 2024
Elana S
Gesin met tieners
5.0
Baie lekker! Alles was silwerskoon en netjies. Dit is ruim akkommodasie waar ons lekker kon sit en kuier. Naby aan baie attraksies waar ons wou wees. ...
Sien meer
Sep 2024
Lidia V
Gesin met tieners
5.0
Ruim, netjiese woning. Die huis is ruim en baie netjies en alles wat jy nodig het. Tannie Linda is dierbaar en verduidelik alles mooi. 'n Pluspunt is ...
Sien meer
Mei 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Linda Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 45

Op LekkeSlaap 13 jaar

Ligging

  • Keurboomlaan 30, Kuilsriver, Kaapstad, 7580, Wes-Kaap
  • Gaste dink De Keurboom Guesthouse het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 1 200
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R 1 200
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 24 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Keurboomlaan 30, Kuilsriver, Kaapstad, 7580, Wes-Kaap
  • TGCSA-gradering:
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAc2b35a5421bfd17f4bf3f2811626d63877f2f6bb63a7d50cefb1b70630ea496cad4b724f6361fdfa3e11ca8f4b9003be661b?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 200 per nag, vir 2 mense 45 5 1 5 30 Keurboom Avenue Kuilsriver 7580 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -33.920251023072 18.692582845688

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang