Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

De Langer Bly

  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Gordonialaan 93, Reebok, Mosselbaai, 6500, Wes-Kaap
  • Vanaf R2 200 per nag, vir 6 mense

Beskrywing

De Langer Bly is in die klein kusdorpie Reebok, net buite Mosselbaai, geleë en bied gerieflike verblyf in 'n drieslaapkamerwoonstel wat op die boonste verdieping van die huis geleë is. Dit is naby die see.

Die woonstel beskik oor 3 slaapkamers en 3 badkamers asook 'n oopplan-kombuis, -sitkamer en -eetarea. Die eerste slaapkamer is ingerig met 'n dubbelbed, die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en die derde slaapkamer het 'n koninggrootte-bed wat in 2 enkelbeddens omskep kan word. Die eerste en tweede slaapkamers het toegang tot 'n aparte, gedeelde badkamer terwyl die derde slaapkamer toegang tot sy eie badkamer het. Linne en alle badhanddoeke word voorsien.

Die kombuis is toegerus met 'n groot yskas, skottelgoedwasser, vol stoof, mikrogolf, ketel, broodrooster, eetgerei en breekware asook 'n ontbyttoonbank. Die eenheid het 'n TV met 'n basiese DStv-ruiker. Gaste is welkom om hul eie dekodeerder en slimkaart saam te bring vir volledige DStv-kyk. Onbeperkte vesel-WiFi is ook beskikbaar.

Die leefarea lei na 'n balkon met asemrowende uitsigte oor die see, perfek vir walviskyk in seisoen. Van die balkon af stap jy af op 'n yslike dek met braaigeriewe. Gaste het ook toegang tot motorhuisparkeerplek vir 1 voertuig, en 'n tweede voertuig kan maklik in die oprit, van die straat af, geparkeer word.

Kamer-opset

Kapasiteit: 6 Aantal kamers: 3 Aantal badkamers: 2
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Badkamer 1

Stort, Toilet
Badkamer 2

Stort, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • 24-uur Ontvangs
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af
  • Parkering Op Die Straat

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • En-suite
  • Stort

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Boeke en tydskrifte

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 54 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.9
Diens
4.9
Veiligheid
4.9
Wat gaste dink
Rosalina V
Saam met lewensmaat
5.0
Beautiful, breakaway accommodation establishment with amazing ocean views. We truly enjoyed our stay at De Langer Bly. From the lovely ...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Apr 2024
Jenne-lee S
Saam met vriende
5.0
Skoon, mooi, netjies en 'n fantasiese uitsig oor die see. Fantastiese ligging! Wonderlikste gasvrou. Ons het verskriklik lekker gebly. De Langer Bly k...
Sien meer
Mrt 2024
Liesl M
Besigheidsreis
5.0
Goeie ligging, alles wat nodig is. Goeie ligging, mooi, stylvol, onopgesmuk, woed lekke, prakties, mooi en see-uitsig.
Mrt 2024
Ruben V
Saam met lewensmaat
5.0
Besonderse mooi blyplek met see uitsig. Die verblyf was besonders mooi en skoon met 'n baie mooi see-uitsig. Die gasvrou was baie vriendelik en het on...
Sien meer
Mrt 2024
Gerhard S
Saam met lewensmaat
5.0
Ons sal beslis weer daar oorbly. Ons was baie vriendelik ontvang deur Tanya. Dit is 'n wooneenheid met 'n wonderlike see-uitsig. Tanya en haar mede-ga...
Sien meer
Des 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Tanya Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 54

Op LekkeSlaap 8 jaar

Ligging

  • Gordonialaan 93, Reebok, Mosselbaai, 6500, Wes-Kaap
  • Gaste dink De Langer Bly het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R2 200
per nag, vir 6 mense
Vanaf
Vanaf R2 200
per nag, vir 6 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Gordonialaan 93, Reebok, Mosselbaai, 6500, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAdE5YYScRC3DyN2toBbosnXepf1dD2uyYwjSX8pFsPo8LhIBPF8?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 200 per nag, vir 6 mense 54 5 1 5 93 Gordonia Avenue Reebok 6500 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-21:00 10:00 -34.076456881437 22.171021853373

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang