De Old Drift Guest Farm
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Soos Gesien op Facebook
- Kapasiteit: 26 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: De Ou Drift-plaas, Langs die R335, Addo, 6105, Oos-Kaap
- Vanaf R1 900 per nag, vir 2 mense
-
TGCSA-gradering:
Beskrywing
De Old Drift Guest Farm lê op 'n klein sitrusplaas net 'n entjie vanaf die Addo-olifant Nasionale Park. Die plaas is 'n rustige toevlugsoord waar gaste gulhartige Oos-Kaapse gasvryheid eerstehands sal ervaar. Daar is ook prentjiemooi tuine, heerlike tuisgekookte maaltye, en uniek versierde en gerieflike kamers.
De Old Drift Guest Farm het gerieflike, ruim B&B-suites, gesinseenhede en selfsorg-kothuise wat goed toegerus is. Elke eenheid het lugversorging, 'n platskerm-TV met sekere DStv-kanale, WiFi in openbare areas en privaat stoepe waar gaste die skouspelagtige uitsigte op die berge, en oor die tuine sitrusboorde kan geniet.
Die lapa is daagliks vir middagete en aandete oop. Wanneer gaste inklok, kan hulle vir die spyskaart vra. 'n Heerlike ontbyt word onder die grasdaklapa met 'n uitsig oor die swembad bedien. Gaste kan ook 'n eg Suid-Afrikaanse braai geniet en aan varsgebakte brood, lekker slaaie en De Old Drift-likeur vir nagereg smul.
Gaan op 'n begeleide toer na die Addo-olifant Nasionale Park of een van die ander wildreservate in die omgewing. Begeleide toere in 'n oop voertuig in die Addo-olifant Nasionale Park kan ook op aanvraag gereël word. Dié park is die perfekte plek vir wildkyk, voetslaan, voëlkyk of sommer om net die bosveld te bewonder.
Gaste kan ook net luilekker langs die swembad lê met 'n glasie wyn en 'n boek uit die boekruil-biblioteek.
Kenmerke
Geriewe
- Kroeg
- Swembad
- Braaiplek
- Gastesitkamer
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Restaurant op Perseel
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Groot 5
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Ontbyt
- Aandete
- Aandete Op Versoek
- Middagete
- Piekniekmandjies Op Versoek
- Piekniek-middagete
- Tee
- Etes Op Versoek
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Onderdakparkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- American Express
- Diners-kaart
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.6/5
Lize Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 39
Op LekkeSlaap 13 jaar
Ligging
- De Ou Drift-plaas, Langs die R335, Addo, 6105, Oos-Kaap
- Gaste dink De Old Drift Guest Farm het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Addo-olifantpark Oos-Kaap
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 26 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: De Ou Drift-plaas, Langs die R335, Addo, 6105, Oos-Kaap
-
TGCSA-gradering:
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang