Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

De Oude Herberg B&B

Gastehuis

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 24 resensies

Uitstekend

Netheid
4.7
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.8
Veiligheid
4.8
Carolina T
1 nag
5.0
Des 2023

Alles was perfek, 'n baie mooi, netjies, skoon en rustige b&b. Baie lekker gebly, alles was baie netjies en skoon. Ook baie mooi verwelkom. Dankie vir die kuier, sal beslis aanbeveel vir ander reisigers.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Marelize M
1 nag
5.0
Mrt 2023

Fantastiese blyplek en goeie diens. Pragtige kamer, heerlike ontbyt en vriendelik, behulpsame personeel.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Gibbon
De Oude Herberg B&B
Dankie Marelize vir die mooi boodskap. Groete. Lynette

Karien C
1 nag
4.6
Jul 2023

Gerieflike verblyf na 'n familie troue. Die ontbyt was baie lekker! Dit word in buffet-styl bedien en dit was moontlik om dus rustig te eet. Ons het vir een nag by De Oude Herberg oorgebly ná ons 'n familie-troue in die omgewing bygewwon het. Ons het die "geen probleem" antwoord waardeer toe ons gevra het of on vroeër kon arriveer om reg te maak vir die troue. Ons groep het my bejaarde moeder en bejaarde oom ingesluit. Dit was lekker om 'n plek te kon bespreek met drie grondvloer eenhede, asook 'n kamer met 'n stort en 'n bad om toeganklik te wees vir die ouer mense in die groep. Anna het ons tuis laat voel! Ek dink die "detail" wat ek die meeste waardeer het, was die ekstra koffie en tee wat in die eetkamer beskikbaar was, om die enkel porsies in die kamer mee aan te vul. Al die kamers was toegerus met 'n ketel, koppies en pierings, glase, water en 'n klein yskassie. Hoogs aanbeveel as die perfkekte "troue oorbly" waar ons laat die aand kon terugkeer, na die onthaal, en niemand hoef te verontrief om vir ons oop te sluit nie.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
4.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0

Hannelie L
Kort verblyf Gesin met klein kinders
4.4
Des 2023

Bevestig bespreking voor jy betaal. Die verblyf was goed. Maak net doodseker dat jy die kamer bespreek wat jy wil hê. Ons het die kamer bespreek met 'n bad en klein tuintjie omdat ons 2 klein kinders het wat moes gebad word en nie kan stort nie. Nadat die bespreking aanvaar is en betaal is, is ons meegedeel dat die kamer verkeerd gelys is en ons 'n kamer op die 1ste verdieping gekry het met 'n stort. Dit was dus glad nie 'n goeie plek vir ons met 'n 1 en 3 jarige nie.

Netheid
4.0
Diens
4.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0

Erika G
1 nag
5.0
Des 2022

Is 'n pragtige plek, baie gawe en behulpsame mense. Vriendelik en gaan die ekstra myl om gaste tegemoet te kom. Anna is 'n ster, 'n blink ster, sy het my so bygestaan. Ek loop met krukke, sy het alles gedoen vir my. Dankie Anna. Ontbyt was baie lekker. Dankie vir 'n lekker nag se rus. Kragopwekker gedurende loadshedding was 'n bonus. Beveel hierdie gastehuis met vrymoedigheid aan. Wonderlike plek. Vriendelike, behulpsame eienaars. Ontbyt was heerlik. Skoon, netjiese verblyf. Rustige atmosfeer. Dankie Anna.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Gibbon
De Oude Herberg B&B
Goeie middag Erika, baie dankie vir jou positiewe terugvoer. Ons deel ook graag alle terugvoer met ons personeel aangesien dit deel uitmaak van ons kwaliteit bestuurstelsel. Ons is baie bly dat jy jou verblyf hier by De Oude Herberg geniet het, en sien uit daarna om jou weer as gewaardeerde Gas te ontvang. Jou terugvoer is ook so aan die res van die personeel oorgedra met groot waardering daarvoor. Vriendelike groete, Gibbon and Lynette.

Vinita F
Kort verblyf
5.0
Feb 2022

Gemaklik, vriendelikheid, veiligheid. My kuier was baie lekker. Anna, asook die gasheer en gasvrou, het my welkom laat voel en seker gemaak ek is te alle tye tevrede. Kamers is netjies en skoon. Ontbyt is heerlik. Ek sal enige tyd De Oude Herberg aanbeveel.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Johané V
Kort verblyf Besigheidsreis
5.0
Feb 2022

Mal oor De oude Herberg! Ek sal enige tyd terug gaan. Puik diens, en die dame Anna wat die ontbyt maak se kos is uit die boonste rakke!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Ronelle W
1 nag Saam met lewensmaat
4.8
Sep 2022

Heerlik, vreedsaam en baie netjies. Gasvrou het gesien ek en my dogter gaan oorslaap en het vir ons 'n addissionele kamer gegee sodat beide gerieflik kan slaap. Ontbyt heerlik en voedsaam.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
4.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Alex J
1 nag Saam met lewensmaat
4.8
Jan 2022

Baie netjies, elegant, skitterende diens en ontbyt was perfek. Sien sterre.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
4.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Lynette L
Kort verblyf Saam met lewensmaat
4.8
Okt 2021

Rustig, veilig, baie lekker ontbyt en baie gasvry. Hulle het voldoen aan al ons verwagtinge.

Netheid
4.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Gibbon Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 24

Op LekkeSlaap 12 jaar

Vanaf
Vanaf R1 360
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R1 360
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 13 mense
  • Geen kinders onder 4
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Clanwilliam-straat 22, Eldoraigne X18, Centurion, 0046, Gauteng
  • TGCSA-gradering:
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDRiYTY5M2UxLTgyMGQtNDg2Ni1iMDEwLTYxYjM1M2IyYjkyYg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 360 per nag, vir 2 mense 24 5 1 5 22 Clanwilliam Street Eldoraigne X18 0046 Gauteng 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -25.870475 28.156772222222

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang