Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

De Oude Herberg B&B

Gastehuis
  • Kapasiteit: 13 persone
  • Geen kinders onder 4
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Clanwilliam-straat 22, Eldoraigne X18, Centurion, 0046, Gauteng
  • Vanaf R1 360 per nag, vir 2 mense
  • TGCSA-gradering:

Beskrywing

De Oude Herberg B&B is in Eldoraigne 18 Security Village, Centurion geleë. De Oude Herberg is binne maklike ryafstand vanaf die hoofroetes na en van Pretoria, Johannesburg, Midrand, Krugersdorp en Polokwane.

By De Oude Herberg kan jy luukse 4 Ster-gegradeerde verblyf teen baie billike pryse geniet. Die atmosfeer is intiem, stylvol en warm, dog informeel en knus. Die geriewe is smaakvol gemeubileer, en die slaapkamers is elegant, gemaklik en word daagliks gediens. Die kwaliteit linne en matrasse verseker ook 'n goeie nagrus. Al die kamers het en suite-badkamers met storte, en privaat ingange wat lei na 'n onderdakstoep, wat toegerus is met gemaklike stoele. Ander geriewe in die kamer sluit 'n TV met sekere DStv-kanale, yskassie, haardroër en kluis in. 'n Enkel toegewese veilige parkeerarea is beskikbaar vir elke kamer.

Gaste het toegang tot 'n eerlikheidskroeg met nie-alkoholiese drankies en tee- en koffiemaakgeriewe wat regdeur die dag en nag beskikbaar is. Gaste is welkom om hul eie alkoholiese drankies te voorsien en te geniet in die vermaakarea, langs die konferensiekamer. Die 12-sitplek-konferensiekamer is toegerus met lugversorging en 'n oudiovisuele stelsel.

De Oude Herberg is net 'n paar minute van Supersport Park, die Centurion Mall en Unitas Hospitaal af. Dit is ook stapafstand vanaf Wierda 2 Winkelsentrum, wat voorsiening maak vir 'n wye verskeidenheid dienste, insluitend 'n Spar, kitskosrestaurante, wassery, haarsalon, kroeg, OTM en vele meer.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi
Konferensiegeriewe

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • Konferensiegeriewe
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete Op Versoek
  • Tee
  • Etes Op Versoek

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging
  • Dataprojektor
  • DVD-speler
  • Blaaibord
  • Witborde
  • Internet
  • Televisie
  • Plek vir tot 10 afgevaardigdes

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • American Express
  • Kontant

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 24 resensies

Uitstekend

Netheid
4.7
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.8
Veiligheid
4.8

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Gibbon Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 24

Op LekkeSlaap 12 jaar

Ligging

  • Clanwilliam-straat 22, Eldoraigne X18, Centurion, 0046, Gauteng
  • Gaste dink De Oude Herberg B&B het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 360
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R1 360
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 13 mense
  • Geen kinders onder 4
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Clanwilliam-straat 22, Eldoraigne X18, Centurion, 0046, Gauteng
  • TGCSA-gradering:
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDRiYTY5M2UxLTgyMGQtNDg2Ni1iMDEwLTYxYjM1M2IyYjkyYg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 360 per nag, vir 2 mense 24 5 1 5 22 Clanwilliam Street Eldoraigne X18 0046 Gauteng 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -25.870475 28.156772222222

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang