De Oude Meester Guest House
- Kapasiteit: 12 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: St. Geran Grove 48, Treasure Beach, Durban, 4052, KwaZulu-Natal
- Vanaf R800 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
De Oude Meester Guest House is geleë langs Treasure Beach, een van die min afgesonderde strande. Dit is ideaal vir hengelaars en besoekers wat net 'n bietjie wil ontspan. Die gastehuis staan 300 m bo die see met pragtige, panoramiese uitsigte oor die veilige, ongerepte strand.
Dit is ideaal vir 'n gesinsvakansie of 'n rustige wegbreek. Die winkelsentrums is sowat 10 minute se ry van die gastehuis af.
De Oude Meester Guest House het 4 slaapkamers wat toegerus is met en suite-badkamers. Drie van die slaapkamers is aan die see se kant. Die kamers is smaakvol versier en toegerus met baie gerieflike dubbelbeddens waarop gaste aan die slaap kan raak met die suisende see in die agtergrond. Die kombuis is volledig toegerus en die sitkamer is snoesig. Dit is die ideale huis met al die nodige luukshede soos 'n TV (DStv) in elke kamer, mikrogolf, yskassie, ketel, broodrooster, strykyster en strykplan, waaier, braaiplek en veranda waarop jy kan ontspan. 'n Daaglikse skoonmaakdiens en vars handdoeke word voorsien.
Die gastekamers kan ook as 'n tweeslaapkamer-selfsorgkothuis met 'n kombuis, eet- en sitarea bespreek word. Daar is 'n skakeldeur wat die kamers skei en dit in 2 selfsorgeenhede omskep.
Dit is ook ideaal vir klein konferensies - groepe van tot 6 word geakkommodeer. Etes kan voorsien word, mits dit vooraf gereël word. Veilige parkering is beskikbaar op die perseel. Soms kan dolfyne tussen die golwe gewaar word. Avontuurlustige persone kan met die 300 trappe afklim deur die bos tot by by strand en hulself verlustig in die ekosisteem.
Ook beskikbaar as 'n oopplan-selfsorgateljee. Dit het 2 dubbelbeddens, 'n en suite-badkamer, 'n kombuis en 'n beskutte privaat patio met 'n braai-area. Daar is 'n see-uitsig van die patio af.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.7/5
Richard Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 138
Op LekkeSlaap 11 jaar
Ligging
- St. Geran Grove 48, Treasure Beach, Durban, 4052, KwaZulu-Natal
- Gaste dink De Oude Meester Guest House het ’n baie goeie ligging
- Kapasiteit: 12 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: St. Geran Grove 48, Treasure Beach, Durban, 4052, KwaZulu-Natal