Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

De Oude Pastorie Gastehuis

Gastehuis
  • Kapasiteit: 11 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Cypress-straat 1, Victoria-Wes, 7070, Noord-Kaap
  • Vanaf R575 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

De Oude Pastorie is die oudste huis op die dorp en was die Nederduits Gereformeerde Kerk se eerste pastorie in Victoria-Wes.

Die verblyf word in 5 kamers met en suite-badkamers aangebied. Een kamer met 3 enkelbeddens; 1 enkelkamer, 1 kamer met 'n dubbelbed en 2 kamers met driekwartbeddens. Elke kamer het 'n privaat ingang, 'n waaier, elektriese kombers en koffie- en teemaakgeriewe. Ons het 'n TV-kamer met 'n kaggel vir die koue winters. Verder is daar veilige parkeerplek en 'n speelgrond vir kinders.

Die eienaar teel met skou-pluimvee en gaste is gewoonlik geïnteresseerd daarin - dit is beslis anders as die gewone blyplek. Daar is ook 'n speelterrein vir die jongspan.

Ons is stapafstand van staproetes, die Apollo-teater, distriksmuseum en restaurant af. Ons sit 'n heerlike Karoo-aandete (moet vooraf bespreek word) en ontbyt voor. Middagetepakkies is beskikbaar op versoek. Ons maak ook voorsiening vir klein groepe.

Let asseblief daarop dat ons nie kredietkaartgeriewe op die perseel het nie.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
Wasgoeddiens
Ontbyt beskikbaar

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 351 resensies

Uitstekend

Netheid
4.6
Ligging
4.5
Waarde vir geld
4.5
Diens
4.6
Veiligheid
4.5
Gaste se hoogtepunte
Marna N
Saam met lewensmaat
5.0
Lekker gebly in baie interessante en geskiedkundige huis! Net 1 nag oornag, maar sou meer van omgewing wou sien en sal weer gaan. De Oude Pastorie het...
Sien meer
Jan 2025
Hugh V
Saam met lewensmaat
5.0
Rustige en veilige omgewing. Goed uitgerus vir die verdere reis na Klerksdorp. Goeie ontvangs gekry.
Jan 2025
Petrus Coenraad B
Gesin met klein kinders
5.0
Aangenaam. Baie veilig en stil. Gasvrou was baie vriendelik en behulpsaam.
Jan 2025
Adriaan D
5.0
Rustig. Baie netjiese plek en vriendelik ontvang.
Jan 2025
Tjaart D
Gesin met tieners
5.0
Heerlik en te kort! Heerlike outydse gasvryheid!
Jan 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.6/5

Rhonnie & Elize Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 351

Op LekkeSlaap 10 jaar

Ligging

  • Cypress-straat 1, Victoria-Wes, 7070, Noord-Kaap
  • Gaste dink De Oude Pastorie Gastehuis het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 575
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R 575
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 11 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Cypress-straat 1, Victoria-Wes, 7070, Noord-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA0356dd9e4a3380c995d5f8f809415c514ee7def4aa567339ca05c5e36cbea28abfde5cdffa8ee8d5e07464c3b6fad324db1f?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R575 per nag, vir 2 mense 351 5 1 5 1 Cypress Street Victoria-West 7070 Noord-Kaap 021 201 8901 15:00-22:00 10:00 -31.40371281385 23.10666063691

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang