De Poort
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Mierkraalplaas, Vanaf die R43, 11 km vanaf Bredasdorp, 7280, Wes-Kaap
- Vanaf R1 400 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
De Poort bied 'n afgeleë wegbreekplek in die Overberg se bos met 'n uitsig oor 'n pragtige dam. Die kothuis is net 11 km vanaf Bredasdorp en 35 km vanaf Struisbaai aan die kus.
Die kothuis bied slaapplek aan 4 volwassenes en 2 kinders en beskik oor 2 en suite-slaapkamers. Die eerste slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die badkamers het elkeen 'n stort. Daar is 'n slaapbank vir kinders in die leefarea.
Die kothuis het 'n oopplan-kombuis, -sitarea en -eetarea met 'n uitsig oor die dam. Die kombuis is met 'n yskas, vrieskassie en 'n gasstoof en -oond toegerus. Die oopplan-leefarea het 'n etenstafel met stoele en die sitarea het 'n kaggel.
Die rustieke versiering skakel in met die natuur en die kothuis is onafhanklik van die kragnetwerk. Dit werk met sonkrag en gas. Daar is wel luukshede soos WiFi en 'n houtvuurwarmbad.
Aktiwiteite sluit voetslaan, swem, visvang en perdry in en gaste kan net op die stoep sit en die natuur bewonder. As hulle gelukkig is kan hulle dalk 'n bok raaksien.
Die ligging bied toegang tot wynplase in die omgewing en die Agulhas Nasionale Park.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Stort, Toilet
Leefarea
1 x Kinderbank vir 2
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Jacuzzi
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Malaria-vrye streek
- Troeteldiere indien gereël
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Baarshengel
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Wildritte
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Konferensiegeriewe
- Internet
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
Badkamer
- En-suite
- Jacuzzi
- Stort
Eenheidgeriewe
- Verekombers
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Boeke en tydskrifte
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.7/5
Corlene Geverifieer
Eiendomme 3
Resensies 123
Op LekkeSlaap 9 jaar
Ligging
- Mierkraalplaas, Vanaf die R43, 11 km vanaf Bredasdorp, 7280, Wes-Kaap
- Gaste dink De Poort het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Bredasdorp Overberg Wes-Kaap
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Mierkraalplaas, Vanaf die R43, 11 km vanaf Bredasdorp, 7280, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang