De Rust Farm Cottage @ Fairview Estates
- Kapasiteit: 11 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Fairview Estates, Fouriesburg, 9725, Vrystaat
- Vanaf R5 830 per nag, vir 11 mense
Beskrywing
De Rust Farm Cottage @ Fairview Estates is op die Fairview Estates geleë, naby Fouriesburg op die grens van die Vrystaat en Lesotho. Die landgoed bestaan uit plase met Bonsmara-beeste, Appaloosa-perde en alpakkas. Die plase bied asemrowende natuurskoon en die kans om werklik uit die stad te ontsnap.
Die kothuis bied slaapplek aan 11 gaste en beskik oor 4 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed, 'n enkelbed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, wasbak en 'n toilet. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens, die derde slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die vierde slaapkamer het 4 enkelbeddens. Die aparte badkamer het 'n stort, wasbak en 'n toilet. Linne en handdoeke word voorsien.
Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolf, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Die sitarea langsaan het gemaklike rusbanke, 'n TV met Netflix, en 'n kaggel. Daar is ook 'n eetarea waar gaste hul maaltye kan geniet. Gratis WiFi is beskikbaar.
Buite is daar 'n onderdak-kuierarea met sitplek, 'n ingeboude braai en 'n houtvuurwarmbad. Die grasperk is groot genoeg vir kinders om rond te hardloop. Gaste het ook toegang tot die gemeenskaplike swembad wat 'n sementplaasdam met fonteinwater is.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
4 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Troeteldiere indien gereël
- Persoonlike Kluis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Baarshengel
- Voëlkyk
- Bergfietsroetes
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Voëlkyk
- Fietsry
- Begeleide Wandelpaaie
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
Eenheidgeriewe
- Eetkamer
- Kaggel
- Klein kombuis
- Sitkamer
- Kluis
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Tv
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.7/5
Corlia Geverifieer
Eiendomme 5
Resensies 101
Op LekkeSlaap 14 jaar
Ligging
- Fairview Estates, Fouriesburg, 9725, Vrystaat
Sien meer verblyf in Drakensberge Vrystaat
- Kapasiteit: 11 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Fairview Estates, Fouriesburg, 9725, Vrystaat
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang