Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

De Vrolike Vark

  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Elephant Lodge 261, Mabalingwe, R516 Rooiberg, Bela-Bela, 0480, Limpopo
  • Vanaf R950 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

De Vrolike Vark is deel van Elephant Lodge in die Mabalingwe Natuurreservaat. Mabalingwe is in die hartjie van die Waterberge, net buite Bela-Bela in Limpopo. Dit is 'n wegbreekplek vir natuurliefhebbers waar vlakvarke, njalas en koedoes gaste elke dag op die stoep kom groet.

Die selfsorgeenhede het elk 'n aparte ingang en bied slaapplek aan 2 gaste per eenheid. Elke eenheid het 2 enkelbeddens wat ook as 'n koninggrootte-bed omskep kan word en 'n en-suite badkamer met 'n stort. Linne en badhanddoeke word voorsien en die kamers het ook lugversorging.

Die kombuis van elke eenhied is met 'n yskas, tweeplaatstoof, mikrogolfoond, koffie- en teemaakgeriewe, breekware en eetgerei toegerus.

Elke eenheid se sitarea het gemaklike rusbanke en 'n TV met 'n DStv Premium-pakket. WiFi is ook beskikbaar met ononderbroke kragtoevoer vir die WiFi in die geval van beurtkrag.

Die eenhede het elk 'n privaat boma, met 'n uitsig oor 'n klein stroompie.

Die eenhede is naby die groot gemeenskaplike swembad, 'n mini-gholfbaan, tennisbane, muurbalbaan, tafeltennistafel, pooltafel, astrobaan en 'n winkel.

Die Mabalingwe Natuurreservaat is die tuiste van die Groot 5 en die oord bied ook wildritte, perdryritte, 'n restaurant, dameskroeg en die unieke Kalahari-boskroeg. Eddie en Simon sal die kinders ure lank by die swembad vermaak.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Kroeg
  • Spa-behandelinge
  • Swembad
  • Begeleide Wildritte as Ekstra
  • Braaiplek
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Restaurant op Perseel
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Perdry
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Swem
  • Tennis

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging
  • Televisie

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant

Resensies

4.5/ 5

Gebaseer op 59 resensies

Uitstekend

Netheid
4.4
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.3
Diens
4.6
Veiligheid
4.7
Wat gaste dink
Chanbené S
Saam met lewensmaat
5.0
Dit was baie lekker en gaan beslis weer kom en die eenheid boek! Sal beslis weer kom!
Sep 2024
Jan C
Saam met lewensmaat
5.0
Wonderlike ervaring in 'n rustige omgewing. Die Vrolike Vark bied uitstekende verblyf aan in 'n baie skoon, netjiese, goed ingerigte eenheid. Kommunik...
Sien meer
Aug 2024
Hendrik N
Gesin met klein kinders
5.0
Mooi fotos! Moet weer gaan! ñ Wonderlike plekkie! Baie lekker gebly en vriendelike diere ontmoet. Sal enige tyd weer terug wil gaan.
Jul 2024
Zelna D
Saam met lewensmaat
5.0
Dit was regtig baie rustig. Ons het vreeslik lekker gebly - alles was perfek.
Jul 2024
Monique T
Gesin met klein kinders
5.0
Bosveld bly lekker. Baie lekker, baie netjies en gemaklik.
Jun 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.5/5

Mandy Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 59

Op LekkeSlaap 5 jaar

Ligging

  • Elephant Lodge 261, Mabalingwe, R516 Rooiberg, Bela-Bela, 0480, Limpopo
  • Gaste dink De Vrolike Vark het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R950
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R950
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Elephant Lodge 261, Mabalingwe, R516 Rooiberg, Bela-Bela, 0480, Limpopo
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA5c8b3a92c4aa39cc683bfc80228f8cbd2c85a6567af0a83f9d35c565cc2752de49290c2e17fcfee08bef28f6245b782b41ed?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R950 per nag (plek vir 2) 59 5 1 5 261 Elephant Lodge Mabalingwe, R516 Rooiberg 0480 Limpopo 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -24.849583159317 28.042704954426

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang