De Zalze Winelands Golf Lodges 29
- Kapasiteit: 2 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Strandweg, De Zalze Golf Estate, Stellenbosch, 7600, Wes-Kaap
- Vanaf R1 850 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
De Zalze Winelands Golf Lodge 29 is perfek vir 'n paartjie wat op soek is na 'n romantiese wegbreek vir 2 in Stellenbosch. Die verblyf het 'n rugsteun-omsetter en gaste word dus nie deur beurtkrag geraak nie.
Hierdie eenslaapkamerwoonstel bied 'n knus oopplan-sitarea, -eetarea en -kombuis en bied toegang tot 'n groot stoep waar jy kan braai as jy 'n Weber by die ontvangstoonbank versoek. Die slaapkamer het 2 driekwartbeddens wat saam as 'n koningingrootte-bed opgemaak kan word. Daar is ook 'n skuifdeur wat toegang tot 'n tuintjie bied. Die en suite-badkamer het 'n bad en 'n stort, 'n toilet en 'n wasbak.
Die kombuis is met 'n stoof, oond, yskas, mikrogolf, eetgerei en breekware toegerus en daar is 'n etenstafel met sitplek vir 2 gaste. Die sitarea het 'n slim-TV met sekere DStv-kanale en gratis WiFi word voorsien.
As die weer dit toelaat, is die gemeenskaplike swembadarea ook beskikbaar aan gaste wat op die landgoed woon.
Stellenbosch bied 'n wye verskeidenheid aktiwiteite wat gaste van enige ouderdom of belangstellingsveld 'n lekker afleiding sal verseker. Daar is koffiewinkels, restaurante kroeë, voetslaanroetes en oulike winkels te kus en te keur.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Geen Rook Binnenshuis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Swem
Hier praat ons
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Badkamer
- Stort
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Eksklusiewe dstv
- Tv
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.6/5
Host Geverifieer
Eiendomme 100+
Resensies 717
Op LekkeSlaap 11 jaar
Ligging
- Strandweg, De Zalze Golf Estate, Stellenbosch, 7600, Wes-Kaap
Sien meer verblyf in Stellenbosch Boland Wes-Kaap
- Kapasiteit: 2 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Strandweg, De Zalze Golf Estate, Stellenbosch, 7600, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang