Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Oude-Rest

  • Kapasiteit: 5 persone
  • Geen kinders onder 5
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Buitekantstraat 46, Oudtshoorn, 6540, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 300 per nag, vir 5 mense

Beskrywing

Oude-Rest is 'n groot en gerieflik gemeubileerde selfsorgwoonstel met 'n aparte ingang wat op die eienaar se eiendom in 'n stil deel van Oudtshoorn geleë is. Dit is 'n ideale opsie vir 'n klein gesinswegbreek vir diegene wat die gewoel van die stad wil ontsnap. Dit is ook gerieflik naby 2 nuwe winkelsentrums.

Dié woonstel het slaapplek vir altesaam 5 gaste op 'n slag en beskik oor 2 slaapkamers en 'n badkamer. Die hoofslaapkamer is ingerig met 'n dubbelbed, terwyl die tweede slaapkamer met 2 enkelbeddens ingerig is. Die leefarea is ook ingerig met 'n enkelslaapbank. 'n Stort-oor-bad, wasbak en toilet is in die badkamer beskikbaar. Alle linne en badhanddoeke word voorsien.

Die oopplan-leefarea beskik oor 'n kombuis wat toegerus is met 'n tweeplaatstoof, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware asook 'n ontbyttoonbank met stoele. Daar is 'n wasmasjien en 'n droograk vir klere. Waspoeier word voorsien. Die kombuis lei na 'n sitarea met twee rusbanke en 'n slaapbank. 'n TV met 'n volledige DSTV-pakket en gratis WiFi is ook beskikbaar.

Die eenheid maak oop op 'n onderdakstoep en sluit privaat buitebraaigeriewe in. Gaste kry onderdakparkeerplek agter 'n afstandbeheerde hek.

Daar is 'n swembad beskikbaar en handdoeke word voorsien. Die gebruik van die swembad is slegs vir bespreekte gaste by Oude-Rest.

Gaste moet onthou dat Oudtshoorn baie warm is in die somer en koud in die winter. Die woonstel het lugversorging en daar is 'n bykomende waaier vir die somer en 'n gasverwarmer en komberse vir die winter.

Oudtshoorn bied 'n verskeidenheid doendinge soos stap- en voetslaanroetes, bergfietsry, 4x4-roetes en kameelritte by Wilgewandel.

Gaste kan ook verskeie besienswaardighede besoek soos die Kangogrotte, volstruisplase, die Cango Wildlife Ranch, die CP Nel of die CJ Langenhoven Museum.

Kamer-opset

Slaapplek vir 5 mense 3 Slaapkamers 1 Badkamer

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer

1

1 x Enkelslaapbank

Badkamer

Stort-oor-bad, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
TV
Lugversorging
Verwarmer
Volledige kombuis
Wasmasjien
DStv
Braai
Vuurmaakhout

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 43 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.8
Waarde vir geld
5.0
Diens
4.9
Veiligheid
5.0
Gaste se hoogtepunte
Bronwyn S
Gesin met klein kinders
5.0
The best. Our stay was amazing, the hosts are really lovely and so accommodating. Everything was so clean, just a lovely place to be. I...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jan 2025
Tiaan S
Gesin met tieners
5.0
Wonderlike, netjiese en baie goed toegeruste woonstel in goeie lokasie. Ons het regtig lekker gebly by Oude Rest, dit was perfect vir ons gesin van vi...
Sien meer
Des 2024
Adelle L
Gesin met tieners
5.0
Home away from home. We had a lovely stay. The hosts were amazing and very friendly.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Des 2024
Mary P
Saam met vriende
5.0
Very pleasant. Just a very short overnight stop. We were made very welcome by Marietjie and supplied with muffins for our onward journe...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Des 2024
Noel O
Saam met vriende
5.0
Lovely clean and classy. We had a lovely stay. I would visit again in the future.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Okt 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Marietjie Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 43

Op LekkeSlaap 1 jaar

Ligging

  • Buitekantstraat 46, Oudtshoorn, 6540, Wes-Kaap
  • Gaste dink Oude-Rest het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 1 300
per nag, vir 5 mense
Vanaf
Vanaf R 1 300
per nag, vir 5 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 5 mense
  • Geen kinders onder 5
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Buitekantstraat 46, Oudtshoorn, 6540, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA87c4384edd35c107cd1c9dbf652ec213b95b86971b386536d20066df9f498568982d66e4a46c4d549f2599e04a7de3db49de?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 300 per nag, vir 5 mense 43 5 1 5 46 Buitekant Street Oudtshoorn 6540 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -33.607178543758 22.201308279693

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang