Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Oude-Rest

  • Kapasiteit: 5 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Buitekantstraat 46, Oudtshoorn, 6540, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 150 per nag, vir 5 mense

Beskrywing

Oude-Rest is 'n groot en gerieflik gemeubileerde selfsorgwoonstel met 'n aparte ingang wat op die eienaar se eiendom in 'n stil deel van Oudtshoorn geleë is. Dit is 'n ideale opsie vir 'n klein gesinswegbreek vir diegene wat die gewoel van die stad wil ontsnap. Dit is ook gerieflik naby 2 nuwe winkelsentrums.

Dié woonstel het slaapplek vir altesaam 5 gaste op 'n slag en beskik oor 2 slaapkamers en 'n badkamer. Die hoofslaapkamer is ingerig met 'n dubbelbed, terwyl die tweede slaapkamer 'n stapelbed en 'n enkelbed het. 'n Kampbedjie is op versoek beskikbaar. 'n Stort-oor-bad, wasbak en toilet is in die badkamer beskikbaar. Alle linne en badhanddoeke word voorsien.

Die oopplan-leefarea beskik oor 'n kombuis wat toegerus is met 'n tweeplaatstoof, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware asook 'n ontbyttoonbank met stoele. Daar is 'n wasmasjien en 'n droograk vir klere. Waspoeier word voorsien. Van die kombuis af lei 'n sitkamer met 2 rusbanke en 'n TV met 'n volledige keuse van DStv-kanale. Gratis WiFi is ook beskikbaar.

Die eenheid maak oop op 'n onderdakstoep en sluit privaat buitebraaigeriewe in. Gaste kry onderdakparkeerplek agter 'n afstandbeheerde hek.

Daar is 'n swembad beskikbaar en swembadhanddoeke word voorsien. Die gebruik van die swembad is slegs vir bespreekte gaste by Oude-Rest.

Gaste moet onthou dat Oudtshoorn baie warm is in die somer en koud in die winter. Die woonstel het lugversorging en daar is 'n bykomende waaier vir die somer en 'n gasverwarmer en komberse vir die winter.

Oudtshoorn bied 'n verskeidenheid doendinge soos stap- en voetslaanroetes, bergfietsry, 4x4-roetes en kameelritte by Wilgewandel.

Gaste kan ook verskeie besienswaardighede soos die Kangogrotte, volstruisplase, die Cango Wildlife Ranch, die CP Nel of die CJ Langenhoven-museum besoek.

Kamer-opset

Kapasiteit: 5 Aantal kamers: 2 Aantal badkamers: 1
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 3 mense
1 xEnkelbed / Driekwartbed
1 xStapelbed
Badkamer

Stort-oor-bad, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging
  • Internet
  • Televisie

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant

Badkamer

  • Bad
  • Stort

Eenheidgeriewe

  • Waaier
  • Sitkamer

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Haardroër
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Stoof

Vermaak

  • Boeke en tydskrifte
  • Eksklusiewe dstv
  • Tv

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 35 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.9
Diens
4.9
Veiligheid
5.0
Wat gaste dink
Courtney Roslyn P
5.0
Uitstekende diens en verblyf. Die verblyf was baie mooi ingerig en die gasvrou het ons warm verwelkom en tuis laat voel.
Sep 2024
Vinolia B
Saam met vriende
5.0
Wonderlike tyd gehad. Dit was lieflik en gemaklik, alles was netjies. Ons het die plek vreeslik geniet.
Aug 2024
Rickus N
5.0
Dit was fantasties. Dit was fantasties gewees. Goeie diens en baie lekker slaapplek.
Aug 2024
Maurice S
Gesin met tieners
5.0
Skoon en netjies en alles is op sy plek. Ons het baie baie lekker gebly. Die eienaar is baie vriendlik en ons sal graag weer daar kom bly as ons weer ...
Sien meer
Aug 2024
Wilmaree A
Gesin met klein kinders
5.0
Daar is so baie om te sê, maar Oude-Rest is die beste. Weer eens baie dankie, Mev. B. Baie dankie vir die heerlike tydjie wat ons daar kon beleef. Ek ...
Sien meer
Jul 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Marietjie Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 35

Op LekkeSlaap 1 jaar

Ligging

  • Buitekantstraat 46, Oudtshoorn, 6540, Wes-Kaap
  • Gaste dink Oude-Rest het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 150
per nag, vir 5 mense
Vanaf
Vanaf R1 150
per nag, vir 5 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 5 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Buitekantstraat 46, Oudtshoorn, 6540, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA87c4384edd35c107cd1c9dbf652ec213b95b86971b386536d20066df9f498568982d66e4a46c4d549f2599e04a7de3db49de?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 150 per nag, vir 5 mense 35 5 1 5 46 Buitekant Street Oudtshoorn 6540 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -33.607178543758 22.201308279693

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang