Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Oude-Rest

  • Kapasiteit: 5 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Buitekantstraat 46, Oudtshoorn, 6540, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 150 per nag, vir 5 mense

Beskrywing

Oude-Rest is 'n groot en gerieflike selfsorgwoonstel met 'n aparte ingang op die eienaar se perseel in 'n stil area van Oudtshoorn. Dit bied die ideale wegbreek aan 'n klein gesin en is gerieflik naby 2 nuwe winkelsentrums.

Die woonstel is geskik vir 5 gaste en beskik oor 2 slaapkamers met 'n badkamer. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer het 'n stapelbed en 'n enkelbed. 'n Kamp-kot is ook beskikbaar op aanvraag. Die badkamer het 'n stort-oor-bad, wasbak en toilet. Linne en badhanddoeke word voorsien.

Die oopplan-leefarea het 'n gerieflike kombuis wat met 'n tweeplaatgasstoof, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware toegerus is. 'n Wasmasjien en klere-droograk is ook beskikbaar en waspoeier word voorsien. Daar is 'n toonbank met stoeltjies. Die kombuis lei na 'n sitarea met twee rusbanke en 'n TV met die volle DStv-pakket. Gratis WiFi is ook beskikbaar.

Die eenheid lei na 'n onderdakstoep met privaat buitebraaigeriewe. Gaste het toegang tot onderdakparkeerplek agter 'n afstandbeheerde hek.

Daar is 'n swembad wat beskikbaar is vir gaste se gebruik en swemhanddoeke word voorsien. Die gebruik van die swembad is alleenlik vir bespreekte gaste van Oude-Rest.

Gaste moet onthou dat Oudtshoorn baie warm is in die somer en baie koud in die winter. Die woonstel beskik oor lugversorging en daar is 'n ekstra waaier vir die somer. 'n Gasverwarmer en komberse word voorsien in die winter.

Oudtshoorn bied verskeie aktiwiteite soos stap- en voetslaanpaaie, bergfietsroetes, 4x4-roetes of kameelritte by Wilgewandel.

Gaste kan ook die Kangogrotte, volstruisplase, die Kango Wildsplaas, CP Nel- en die CJ Langehoven-museum besoek.

Kamer-opset

Kapasiteit: 5 Aantal kamers: 2 Aantal badkamers: 1
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 3 mense
1 xEnkelbed / Driekwartbed
1 xStapelbed
Badkamer

Stort-oor-bad, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging
  • Internet
  • Televisie

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant

Badkamer

  • Bad
  • Stort

Eenheidgeriewe

  • Waaier
  • Sitkamer

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Haardroër
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Stoof

Vermaak

  • Boeke en tydskrifte
  • Eksklusiewe dstv
  • Tv

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 35 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.9
Diens
4.9
Veiligheid
5.0
Wat gaste dink
Courtney Roslyn P
5.0
Uitstekende diens en verblyf. Die verblyf was baie mooi ingerig en die gasvrou het ons warm verwelkom en tuis laat voel.
Sep 2024
Vinolia B
Saam met vriende
5.0
Wonderlike tyd gehad. Dit was lieflik en gemaklik, alles was netjies. Ons het die plek vreeslik geniet.
Aug 2024
Rickus N
5.0
Dit was fantasties. Dit was fantasties gewees. Goeie diens en baie lekker slaapplek.
Aug 2024
Maurice S
Gesin met tieners
5.0
Skoon en netjies en alles is op sy plek. Ons het baie baie lekker gebly. Die eienaar is baie vriendlik en ons sal graag weer daar kom bly as ons weer ...
Sien meer
Aug 2024
Wilmaree A
Gesin met klein kinders
5.0
Daar is so baie om te sê, maar Oude-Rest is die beste. Weer eens baie dankie, Mev. B. Baie dankie vir die heerlike tydjie wat ons daar kon beleef. Ek ...
Sien meer
Jul 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Marietjie Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 35

Op LekkeSlaap 1 jaar

Ligging

  • Buitekantstraat 46, Oudtshoorn, 6540, Wes-Kaap
  • Gaste dink Oude-Rest het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 150
per nag, vir 5 mense
Vanaf
Vanaf R1 150
per nag, vir 5 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 5 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Buitekantstraat 46, Oudtshoorn, 6540, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA87c4384edd35c107cd1c9dbf652ec213b95b86971b386536d20066df9f498568982d66e4a46c4d549f2599e04a7de3db49de?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 150 per nag, vir 5 mense 35 5 1 5 46 Buitekant Street Oudtshoorn 6540 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -33.607178543758 22.201308279693

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang