Del Roza Gastehuis
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 42 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Coetzee-straat, Middelburg, 1050, Mpumalanga
- Vanaf R1 080 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Middelburg is halfpad tussen Johannesburg en die Laeveld geleë. Del Roza Gastehuis is die ideale oornagplek vir alle besoekers aan die Laeveld en Krugerwildtuin. Middelburg is ook 'n uur se ry vanaf die O.R.Tambo-lughawe in Johannesburg. Ontsnap na die ontspanne atmosfeer van 'n klein dorpie en geniet ons gasvryheid voordat jy jou reis begin.
Die oorspronklike opstal is meer as 100 jaar gelede gebou. Dit is onlangs opgeknap en opgegradeer om 'n uiters gerieflike gastehuis met vriendelike personeel en goeie diens te word. Hierdie sierlike gastehuis is naby alle geriewe in Middelburg geleë. Restaurante is stapafstand van die gastehuis af. Die Midmed-privaathospitaal en Banks is gerieflik naby die gastehuis.
Dit is 'n huislike gastehuis met 'n aangelegde tuin en sprankelende swembad. Geniet elke oggend 'n gesonde Engelse ontbyt in die eetkamer of op die stoep terwyl jy na geselsende voëls in die tuin luister. Aandetes is van Maandae tot Donderdae beskikbaar. Bespreking is noodsaaklik. Ons bedien tuisgemaakte etes op die tradisionele Suid-Afrikaanse manier. Niks kan 'n tuisgemaakte maaltyd klop nie!
Sowat 10 kilometer van die gastehuis af is die historiese dorpie, Botshabelo. Die woord beteken plek van skuiling. Die dorpsraad het 'n tradisionele, opelugmuseum by Botshabelo gebou en Ndebele woon vandag nog daar, in die tradisionele kulturele dorpies. Die dorpie is 'n besoek werd.
Middelburg het 'n paar besienswaardighede om te besoek. Die Wit Kerk, wat as 'n historiese monument geproklameer is, is 'n ware baken in Middelburg, vanweë sy grootte en argitektoniese ontwerp. Britse soldate het dit tydens die Anglo Boereoorlog gebruik, wat verklaar waarom dit nie soos soveel ander kerke in daardie tyd beskadig is nie.
Die ou Middelburg-spoorwegstasie is in 1890 gebou toe Paul Kruger en Portugal 'n ooreenkoms aangegaan het om 'n spoorlyn tussen Pretoria en Maputo te ontwikkel. Die spoorwegstasie is vandag nog in gebruik.
Maak seker dat jy vooraf bespreek en ons sal seker maak dat jou verblyf by ons onvergeetlik sal wees. Julle sal as gaste kom, maar as vriende vertrek.
Kenmerke
Geriewe
- ADSL-lyn
- Swembad
- Gastesitkamer
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Satelliet-TV
- Daaglikse Skoonmaakdiens
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
- Zoeloe
Maaltye Aangebied
- Kamerbediening
- Ontbyt
- Aandete
- Aandete Op Versoek
- Tee
- Etes Op Versoek
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Onderdakparkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- American Express
- Reisigerstjeks
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Delia Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 38
Op LekkeSlaap 14 jaar
Ligging
- Coetzee-straat, Middelburg, 1050, Mpumalanga
- Gaste dink Del Roza Gastehuis het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Middelburg Loskopvallei Mpumalanga
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 42 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Coetzee-straat, Middelburg, 1050, Mpumalanga
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang