Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Del Roza Gastehuis

Gastehuis
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 42 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Coetzee-straat, Middelburg, 1050, Mpumalanga
  • Vanaf R1 150 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Middelburg is halfpad tussen Johannesburg en die Laeveld geleë, wat Del Roza Guest House die ideale oornagverblyf maak vir besoekers wat onderweg is na die Laeveld en Krugerwildtuin. Middelburg is ook net 'n uur se ry vanaf OR Tambo Lughawe in Johannesburg. Gaste kan uit die stad se gejaag ontsnap en heerlik in die dorpie ontspan en ons gasvryheid geniet.

Dié oorspronklike huis is meer as 100 jaar gelede gebou en is onlangs opgeknap en opgegradeer na 'n uitsonderlike gerieflike gastehuis met vriendelike personeel en goeie diens. Hierdie grasieuse gastehuis is naby verskeie geriewe in Middelburg en restaurante is stapafstand van die gastehuis af. Die Midmed Privaathospitaal en Banks is gerieflik naby die huis.

Dit is 'n huislike gastehuis met 'n lieflike tuin en swembad. Geniet elke oggend 'n gesonde Engelse ontbyt in die eetkamer of op die veranda terwyl jy na die voëltjies luister. Aandete is Maandae tot Donderdae beskikbaar en bespreking is belangriks. Ons bedien tuisgemaakte maaltye in die tradisionele Suid-Afrikaanse styl.

Die historiese dorpie Botshabelo is sowat 10 km van die gastehuis af. Botshabelo beteken plek van skuiling. Die dorpsraad het 'n tradisionele ope-lug museum daar gebou en die Ndebele-stam woon vandag steeds in die tradisionele kulturele dorpies.

Middelburg bied 'n aantal besienswaardighede, soos die historiese monument die Witkerk wat uitstaan weens sy grootte en argitektuur, asook die ou Middelburg Spoorwegstasie wat in 1890 gebou is,

Maak seker dat jy betyds bespreek en ons sal seker maak dat jy heerlike verblyf by ons sal geniet. Besoekers aan Del Roza Guest House daag op as gaste en vertrek as vriende.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Veilige Parkering

Geriewe

  • ADSL-lyn
  • Swembad
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Daaglikse Skoonmaakdiens

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Zoeloe

Maaltye Aangebied

  • Kamerbediening
  • Ontbyt
  • Aandete
  • Aandete Op Versoek
  • Tee
  • Etes Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • American Express
  • Reisigerstjeks
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 37 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.9
Veiligheid
4.8
Wat gaste dink
Lucas L
Saam met lewensmaat
5.0
Pragtige gastehuis, netjies en skoon, vriendelike diens en baie lekker ontbyt! Sien sterre.
Aug 2024
Lize V
Gesin met tieners
5.0
Alles was perfek! Alles was reg en skoon. Baie goeie diens en verblyf. Vriendelik en baie behulpsaam, sal aanbeveel vir enige iemand!
Mei 2024
Juan S
Gesin met tieners
5.0
Heerlik gebly. Gerieflik gelëe naby skole, ons het oorgebly om sportdag by te woon. Ekstra moeite gedoen om ekstra bed in ons kamer op te maak vir ons...
Sien meer
Mei 2024
Mercia V
Saam met lewensmaat
5.0
Oase van rustigheid en mooi! Dit was 'n oase van rustigheid. Veilig, mooi en netjies. Ek het lekker geslaap en die druk in die stort was baie goed. On...
Sien meer
Apr 2024
Johan B
Saam met lewensmaat
5.0
Fantasties. Baie vriendelik en gasvry.
Mrt 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Delia Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 37

Op LekkeSlaap 14 jaar

Ligging

  • Coetzee-straat, Middelburg, 1050, Mpumalanga
  • Gaste dink Del Roza Gastehuis het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 150
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R1 150
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 42 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Coetzee-straat, Middelburg, 1050, Mpumalanga
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGI3NjhhY2M1LTE5MzAtNGVlYy05M2NmLTFkMDcwZjM4NmUwMw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 150 per nag, vir 2 mense 37 5 1 5 38 Coetzee Street Middelburg 1050 Mpumalanga 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -25.77108340766 29.458529949188

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang