Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Del Su Me 6

  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Lagoon-rylaan 13, Del Su Me 6, Margate, 4275, KwaZulu-Natal
  • Vanaf R700 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Del Su Me 6 is 'n selfsorgwoonstel wat op die eerste verdieping in die Del Su Me-sekuriteitskompleks in Margate aan KwaZulu-Natal se Suidkus geleë is. Dié kompleks is sowat 400 m vanaf Margate se hoofstrand en verskeie restaurante.

Dié woonstel het slaapplek vir 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis, -eetarea en -leefarea. Die eerste en suite-slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n skuifdeur wat lei na die balkon. Die tweede slaapkamer het ook 'n dubbelbed en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die tweede badkamer het 'n stort. Daar is plafonwaaiers in al die slaapkamers.

Daar is nou 'n rugsteunkragstelsel wat gedurende beurtkrag elektrisiteit aan die TV, ligte en 'n herlaaier kan voorsien.

Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg en sluit 'n stoof, oond, mikrogolf, groot yskas-vrieskas, skottelgoedwasser en tuimeldroër in. Die sitarea het lugversorging en 'n TV met 'n DVD-speler en volledige DStv. Die sitarea lei na 'n aparte eetarea en 'n groot balkon met uitsigte oor die see en strandmeer.

Die Del Su Me-kompleks bied 'n veilige gemeenskaplike swembad en braai-area. Die kompleks is omhein en veilige onderdakparkeerplek word op die perseel voorsien.

Kamer-opset

Slaapplek vir 6 mense 3 Slaapkamers 2 Badkamers, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Bad, Toilet

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Stort, Toilet

Kenmerke

Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Swem

Hier praat ons

  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Stort

Eenheidgeriewe

  • Lugversorging
  • Eetkamer
  • Waaier
  • Kluis

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Boeke en tydskrifte
  • Dvd
  • Eksklusiewe dstv
  • Tv

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 30 resensies

Uitstekend

Netheid
4.7
Ligging
4.5
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.9
Veiligheid
4.7
Gaste se hoogtepunte
Kitta E
Saam met vriende
5.0
4 dae van lekker rus. Ons was 'n groep van 6 volwassenes. Die woonstel is lekker ruim en het in al ons behoeftes voorsien. Lekker stil omgewing, maar ...
Sien meer
Jul 2023
Sune M
Saam met lewensmaat
4.8
Heerlik. Baie lekker. Die weer was nie lekker nie. Restaurante bly nie so laat oop soos in Gauteng nie.
Jan 2024
Rykie M
Gesin met tieners
4.8
Dit was awesome, ek sal enige tyd weer kom kuier. Fantasties en baie vriendelike mense. Ek's al jare saam die webtuiste en ek kry altyd vriendelike di...
Sien meer
Okt 2023
Rina G
4.8
Woonstel is goed geleë, maklike stappie strand toe. Geen probleme ondervind. Eienaar is baie vinnig om te reageer op navrae en het deposito terugbetaa...
Sien meer
Feb 2023
Martie M
Saam met vriende
4.6
Baie lekker. Vreeslik lekker vakansie gehad. Ek sal hierdie plekkie regtig aanbeveel.
Mrt 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Michael Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 30

Op LekkeSlaap 8 jaar

Ligging

  • Lagoon-rylaan 13, Del Su Me 6, Margate, 4275, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Del Su Me 6 het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 700
per nag (plek vir 6)
Vanaf
Vanaf R 700
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Lagoon-rylaan 13, Del Su Me 6, Margate, 4275, KwaZulu-Natal
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA9831bd5fe433d2662804c48100a14778d7b224c48ae811b17105a4afe813e96bf4f6e3b6a53a56d6151424e356d9398d39a0?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R700 per nag (plek vir 6) 30 5 1 5 13 Lagoon Drive Del Su Me 6 4275 KwaZulu-Natal 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -30.857947168888 30.372866786543

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang