Densview
- Kapasiteit: 2 persone
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: R560, Hartebeesfontein Plaas Deel 355, Krugersdorp, 1790, Gauteng
- Vanaf R1 100 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Densview is 'n lieflike selfsorgwoonstel met 'n privaat ingang op 'n plaas op die oewer van die Magaliesrivier buite Magaliesburg. Hierdie verblyf is ideaal vir gaste wat rustige verblyf in die natuur soek.
Die eenheid bied slaapplek aan 2 gaste en beskik oor 'n oopplan-slaaparea met 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet. Linne en handdoeke word voorsien.
Die kombuisie is met 'n yskassie, tweeplaatstoof, mikrogolf, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Die leefarea het gemaklike sitplek en 'n toonbank met stoele.
Gaste het toegang tot 'n onderdakstoep met sitplek, sonstoele en 'n braai. Veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar. Dié verblyf is sowat 25,5 km buite Magaliesburg en 38 km buite Krugersdorp waar gaste geriewe soos winkels en restaurante kan vind. Dis ook naby besienswaardighede soos The Cradle of Humankind en Sterkfontein-grotte.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
5/5
Ziggy Nuut op LekkeSlaap!
Eiendomme 2
Resensies 1
Op LekkeSlaap 4 maande
Ligging
- R560, Hartebeesfontein Plaas Deel 355, Krugersdorp, 1790, Gauteng
- Gaste dink Densview het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Wieg van die Mensdom Wes-Rand Krugersdorp Johannesburg Gauteng
- Kapasiteit: 2 mense
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: R560, Hartebeesfontein Plaas Deel 355, Krugersdorp, 1790, Gauteng
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang