Deo Resta Guest Lodge
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 16 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Plot 13, Moolman, Piet Retief, 2387, Mpumalanga
- Vanaf R1 260 per nag, vir 2 mense
-
TGCSA-gradering:
Beskrywing
Deo Resta Guest Lodge is op 'n rustige kleinhoewe in die geskiedkundige gemeenskap Moolman geleë, net 15 minute se ry vanaf Piet Retief in Mpumalanga. Moolman is slegs 1 km vanaf die hoofroete na vakansiebestemmings aan die KwaZulu-Natalse Noord- en Suidkus.
Die Lodge, voorheen die Moolman Laerskool, is omskep in 'n unieke gastehuis. Die ou skoolgebou is in 3 lieflike, ruim kamers verander wat gemak en gehalteverblyf vir sakereisigers of gesinne, op soek na 'n gerieflike oornagverblyf op pad na hul vakansie- of sakebestemming, bied. 3 splinternuwe kamers is onlangs bygevoeg namate die aanvraag verhoog het vir gaste om by die gastehuis tuis te gaan.
Die ruim eenhede het gemaklike beddens, badkamers met storte, die nodige oornag-kombuisgeriewe, komplimentêre WiFi, TV's met DStv, privaat stoepe en veilige parkeerplek. Braaigeriewe, houtskool, vuuraanstekers en vuurhoutjies is beskikbaar.
Die groot tuin met 'n natuurlike swembad, in 'n rustige omgewing dra by tot die vreedsame atmosfeer wat gaste by Deo Resta Guest Lodge sal ervaar.
Die gebou is byna 110 jaar oud en sorg is geneem tydens opknapping, om soveel as moontlik van die oorspronklike gebou te behou.
Die area rondom Piet Retief is ryk aan Suid-Afrikaanse geskiedenis. Swaziland is slegs 30 minute se ry van die lodge af en kan beplan word as 'n opwindende daguitstappie.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Willie en Lizel Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 30
Op LekkeSlaap 4 jaar
Ligging
- Plot 13, Moolman, Piet Retief, 2387, Mpumalanga
- Gaste dink Deo Resta Guest Lodge het ’n uitstekende ligging
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 16 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Plot 13, Moolman, Piet Retief, 2387, Mpumalanga
-
TGCSA-gradering: