Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Deruxa Cottages

  • Soos Gesien op Facebook
  • Kapasiteit: 16 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Plot 11, De Wagensdrift, 1002, Gauteng
  • Vanaf R850 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Deruxa Cottages is 53,9 km noord van Pretoria en 30 km vanaf die historiese dorp Cullinan. Dié instansie bied gerieflike verblyf in 5 smaakvolle kothuise wat op ’n 21 hektaar-plaas geleë is. Dit is ideaal vir gesinne, vriende en sakereisigers.

Verblyf word aangebied in 'n Gesin-bungalow, 3 Executive-bungalows en 'n Standaard-bungalow.

Die Gesin-bungalow is ruim en is ’n ou, opgeknapte plaashuis. Van buite af lyk die huis nog ongekunsteld en het die plaashuis-bekoring, maar binne is die huis opgegradeer. Dié bungalow het slaapplek vir 8 gaste en dit beskik oor 3 slaapkamers, 'n sitarea, eetkamer, volledig toegeruste kombuis en 'n buitestoep. Die hoofslaapkamer het ’n koninggrootte-bed en ’n en suite-badkamer met ’n bad en ’n stort. Die tweede slaapkamer het ’n dubbelbed en het sy eie badkamer met ’n bad. Die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens en ’n en suite-stort. Die kombuis is met 'n stoof, oond, mikrogolf, broodrooster, yskas-vrieskas en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Die bungalow word daagliks skoongemaak. Skottelgoedseep en vadoeke word voorsien, sowel as toiletpapier, badhanddoeke en japonne. Ander geriewe sluit 'n eetarea, opwaskamer, vermaakarea met 'n pooltafel en 'n stoep met braaigeriewe in. Vuurmaakhout is beskikbaar teen ekstra koste.

Die 3 alleenstaande Executive-kothuise is naby die konferensiegeriewe, kombuis en lapa. Elke kothuis bied slaapplek aan 2 gaste en het 2 driekwartbeddens of ’n koninggrootte-bed. Elke kothuis het ’n en suite-badkamer met ’n stort en bad en ’n kaggel is beskikbaar vir die koue aande. Daar is ook ’n klein, privaat stoep by elke kothuis met uitsigte oor die pragtige Afrika-bos. Dit is die perfekte plek om jou oggendkoffie te geniet. Linne en badhanddoeke word voorsien. Die Executive-kothuise is nie geskik vir selfsorg nie, maar die lapa kan gebruik word om kos voor te berei op die braai of in die pizza-oond.

Die standaard-bungalow-kothuis is oopplan en het 'n slaapkamer met 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad en stort. 'n Gemaklike dubbel-oopvouslaapbank vir jonger kinders is beskikbaar. Die kombuisie is met breekware, eetgerei en 'n gasstoof toegerus. Die kothuis word daagliks skoongemaak en skottelgoedseep word voorsien sowel as toiletpapier, badhanddoeke en japonne. Die kothuis word hoofsaaklik aangedryf met gastoestelle, insluitende 'n geiser, stoof en verwarmer. Alle ligte en kragproppe is elektries.

Gaste het toegang tot 'n gemeenskaplike swembad.

Die plaas bied geriewe vir konferensies, bestuursvergaderings en jaareindfunksies. Die plaas kan ook klein troues, verjaarsdagpartytjies, verlowingsvieringe, rampartytjies, kombuistees en gesinsreünies aanbied. Die konferensiegeriewe is langs die oopplan-sitkamer en het plek vir 12 afgevaardigdes. Dié kamer het lugversorging en is toegerus met 'n blaaibord, witbord met witbordpenne en 'n TV. Daar is genoeg elektriese kragproppe vir skootrekenaars en ander toerusting, en gaste kan hul eie projektor saambring indien nodig.

Die opelug-stoep en sitkamer is die ideale plek om te ontspan en tee en koffie te drink en die rustige bosomgewing te geniet.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Konferensiegeriewe

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Restaurant op Perseel
  • Selfsorg
  • Konferensiegeriewe

Aktiwiteite op perseel

  • Wildkyk
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete
  • Aandete Op Versoek
  • Middagete
  • Etes Op Versoek

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging
  • Blaaibord
  • Witborde
  • Televisie

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4/ 5

Gebaseer op 83 resensies

Baie goed

Netheid
4.0
Ligging
3.8
Waarde vir geld
3.9
Diens
3.9
Veiligheid
4.3
Wat gaste dink
Dinti D
Saam met lewensmaat
5.0
Was 'n heerlike wegbreek in die natuur! Ons het die privaatheid van die bungalow baie geniet en het heerlik gekuier op die stoep en heerlik geslaap. D...
Sien meer
Aug 2023
Moses M
Saam met lewensmaat
4.8
Very exciting. That was a very nice place, I will definitely going to visit again.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Jul 2023
Jared S
Saam met vriende
4.6
Great place for an overnight stay. Accommodation is clean and looks great, wouldn't stay longer than 1 or 2 nights as there isn't much ...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Aug 2023
Roelf J
Saam met lewensmaat
4.4
Ek het die voëls geniet. Eenhede is skoon met al die geriewe vir 'n gemaklike verblyf. Daar is baie klein voëltjies. Dit is naby aan Dinokeng. Daar is...
Sien meer
Aug 2024
Sue-anne M
4.2
Quiet, cozy venue. We held a bachelorette party at the venue under the Lapa area. We used the pizza oven with 12 guests that attended. ...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Mrt 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4/5

Neo Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 83

Op LekkeSlaap 6 jaar

Ligging

  • Plot 11, De Wagensdrift, 1002, Gauteng
  • Gaste dink Deruxa Cottages het ’n goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R850
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R850
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 16 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Plot 11, De Wagensdrift, 1002, Gauteng
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAKTho7iSgEUrIRLD1cM8M1XZ6FOh41RraEPI6LVgiI2ZvHt8sh4?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R850 per nag (plek vir 2) 83 5 1 4 Plot 11 De Wagensdrift 1002 Gauteng 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -25.509282 28.589992

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang