Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Desert Rose Guest House and Self-catering

Gastehuis
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 25 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Republiekstraat 40, Simonsig, Springbok, 8240, Noord-Kaap
  • Vanaf R1 250 per nag, vir 2 mense
  • TGCSA-gradering:

Beskrywing

Desert Rose Guest House and Self-catering is in Springbok in die hartjie van die Noord-Kaap se Namakwaland geleë. Die gastehuis bied B&B- en selfsorgverblyf teen sakpas-tariewe. Die huis is gerieflik stapafstand van verskeie winkels, restaurante en banke af.

Dit het skouspelagtige uitsigte op die omliggende granietkoppies en die prentjiemooi dorp. Die gastehuis is in 'n stil woonbuurt geleë en is 'n baie sentrale blyplek gedurende die gewilde blommeseisoen van Julie tot September.

Ons bied akkommodasie in ruim B&B-kamers en selfsorg-eenhede. Die B&B-kamers het lugversorging en 'n privaat ingang, en suite-badkamer, DStv, yskassie en koffie- en teemaakgeriewe. Die selfsorg-eenhede het elk 'n en suite-stort, 'n volledig toegeruste kombuis en 'n onderdak-area wat privaat is.

Daar is veilige parkeerplek op die perseel met afstandbeheerde toegang.

Ontbyt word in die eetkamer bedien. Dit kan 'n volledige, heilsame plaasontbyt met vars vrugte uit die tuin of 'n kontinentale of vegetariese ontbyt wees. Elke dag is daar 'n ander spyskaart. Wegneem-ontbytpakkies is ook op versoek beskikbaar.

Desert Rose Guest House and Self-catering het die ideale ligging op pad van Windhoek in Namibië na Kaapstad in Suid-Afrika, so dit is perfek vir oornagverblyf.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Troeteldiere indien gereël
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 20 resensies

Uitstekend

Netheid
4.7
Ligging
4.4
Waarde vir geld
4.5
Diens
4.7
Veiligheid
4.7
Wat gaste dink
Natalie E
Saam met lewensmaat
5.0
Het baie lekker gerus na 'n lang dag op die pad. Baie lekker eenheid, baie skoon en netjies. Beveel definitief enige tyd aan.
Sep 2024
Mariska P
Gesin met klein kinders
5.0
Gemaklik en rustig. Baie lekker gebly, alles wat jy nodig het om te oornag oppad na die volgende bestemming, asook 'n heerlike ontbyt geniet.
Aug 2024
Rynald D
Gesin met tieners
5.0
Lekker geslaap. Mooi, netjies en skoon gastehuis.
Des 2023
Wilda D
Saam met lewensmaat
5.0
Vir sseker die beste opsie in Springbok! Daar is twee plekke in Springbok wat ek sal aanbeveel: Desert Rose is vir seker een van hulle. Kamers is smaa...
Sien meer
Aug 2023
Christoffel S
Saam met lewensmaat
5.0
Baie gemaklik. Alles was soos verwag en meer.
Mrt 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.6/5

Karo Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 20

Op LekkeSlaap 7 jaar

Ligging

  • Republiekstraat 40, Simonsig, Springbok, 8240, Noord-Kaap
  • Gaste dink Desert Rose Guest House and Self-catering het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 250
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R1 250
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 25 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Republiekstraat 40, Simonsig, Springbok, 8240, Noord-Kaap
  • TGCSA-gradering:
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGI5ZDdlNmRiLTQwMGMtNDI4OS04NWQwLWIxY2Q5NjIyYTE2Ng?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 250 per nag, vir 2 mense 20 5 1 5 40 Republiek Street Simonsig 8240 Noord-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -29.659041 17.893593

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang