Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Deze Plaats

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 26 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.8
Diens
5.0
Veiligheid
4.9
Dalize P
Lang verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Jun 2024

Ontspanne, gerieflik en veilig. Baie lekker gebly. Baie kort stappies en jy is op die strand. Daar is 'n kiosk op die strand wat daagliks oop is met die lekkerste takeaways. En pannekoek vir 'n ontbyt of na 'n laatmiddag stappie op die strand. Die gasvrou is baie vriendelik en behulpsaam. Lekker beddens om op te slaap. Dit baie geniet. Waarde vir geld.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Cornette V
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Mrt 2024

Ongelooflik lekker. Ons sal definitief weer by Deze Plaats oornag. Die huisie het soveel bekoring. Elizabeth het seker gemaak dat ons alles het wat nodig is.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Tiaan K
Kort verblyf Gesin met klein kinders
5.0
Nov 2023

Knus, skoon, veilig, goed geprys. Baie oulike, netjiese, goed uitgeruste huisie naby die strand. Die eienaar maak kontak van die eerste dag af en vind uit hoe hulle kan help. Was nie seker of ons die water kon drink nie, so het kanne water gekoop.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Ernest D
Kort verblyf Saam met lewensmaat
4.8
Mei 2024

Heerlike naweek gewees. Sal beslis weer gaan. Lieflike huisie. Alles wat jy nodig het is daar. So lekker ontspanne en naby die see. Gaan slaap met die geluid van branders in jou ore.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
5.0

Colette V
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Mei 2023

'n Klein stukkie hemel. Pragtige plekkie met alles wat mens nodig het en baie naby die strand. Ons het so lekker gebly in die huisie. Die huis is smaakvol gemeubileerd en ons het alles gehad wat ons nodig kon kry. Die stoep is lieflik en my man het die buite-stort geniet. Ons kom gou weer kuier.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Gerda V
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Feb 2023

Heerlik ene, rustig. Wat 'n oulike klein kothuis in Boknes. Dit was baie lekker daar. Alles wat jy nodig het is daar. Heerlike bed en alles netjies. Ons het elke oggend met ons koffie afgestap na die bankie waar ons die mooi uitsig oor die rivier en see kon geniet. Seker 100 m. Die buitestort was ook baie lekker. Alhoewel dit net 'n naweek was het ek gevoel asof ek op vakansie was. Ek het heerlik in die rivier geswem. En ons het lekker gebraai op die stoep.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Ockert K
Lang verblyf Saam met lewensmaat
4.8
Jul 2023

Klein, maar gesellig. Baie oulike en netjiese verblyf. Klein, maar alles daar wat 'n mens nodig het. By die strand en die see is in jou ore, hoewel mens nie die see kan sien nie. Perfek vir 'n paartjie wat wil wegbreek.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
4.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Andries V
Kort verblyf Saam met vriende
4.6
Okt 2023

Baie rustig. Ontspannend. Baie veilig. Die plekkie is goed toegerus met breekware. Alles was netjies en skoon. Die plek is net nie baie rokersvriendelik nie. Moet in die koue staan en rook. Oprol seile kan nogal werk.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
4.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0

Charlene L
Kort verblyf Gesin met klein kinders
4.6
Okt 2023

Was so lekker. Ons het Deze Plaats vreeslik geniet. Daar is alles wat jy nodig het binne loopafstand van die strand. Jy hoor die see so duidelik en die buitestort is fantasties. Die huisie is baie skoon en netjies. Ons het dit so geniet en sal vir seker weer teruggaan. Dankie aan die gasvrou wat op WhatsApp was om seker te maak dat ons tevrede is en die vars melk was 'n wenner. Baie dankie! X.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
3.0

Ilse C
Kort verblyf Besigheidsreis
5.0
Nov 2022

By die see. Die ligging is ongelooflik en die gasvryheid van die eienaar is topklas. Die geriewe is ideaal vir vriende wat 'n wegbreek wil geniet.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Elizabeth Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 26

Op LekkeSlaap 5 jaar

Vanaf
Vanaf R850
per nag (plek vir 3)
Vanaf
R850
per nag (plek vir 3)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 3 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Tweedelaan Boknesstrand 27, Boknesstrand, 6189, Oos-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAEcSbXwFQ0skzV5f6akTYTeYJn9Kh1fZBZ2x8X2Qb13jTtIvuaa?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R850 per nag (plek vir 3) 26 5 1 5 27 Second Avenue Boknesstrand Boknesstrand 6189 Oos-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -33.72676742184 26.584116334153

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang