Diamant Estate
- Kapasiteit: 24 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Suid-Agter-Paarl-pad, Paarl, 7624, Wes-Kaap
- Vanaf R1 550 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Diamant Estate se herehuis weerspieël 'n mengsel van Kaaps-Hollandse en Victoriaanse argitektuur en is in 1821 gebou. Die huis is sedertdien al telkemale opgeknap.
Diamant Estate is 'n nuut ontwikkelde lokaal vir troues en funksies net buite die Paarl. Die historiese geboue is opgeknap en gekombineer met kontemporêre kenmerke. Diamant Estate het ook 'n intieme kapel, ontwerperstuine en 'n luukse gastehuis.
The Manor House bied verskeie geriewe in 4 luukse slaapkamers met lugversorging, 'n groot hemelbed óf 'n antieke koningingrootte-bed, platskerm TV's en Nespresso-masjiene. Elke en suite-badkamer het 'n dubbel wasbak en ondervloerse verhitting. Dié gastekamers wat onlangs opgeknap is, deel 'n leef- en eetarea, asook 'n kombuisie.
The Pioneer House bied 8 dubbelkamers, waarvan 2 kamers dubbelbeddens het en die ander 6 kamers het 2 enkelbeddens. Al die kamers het groot en suite-badkamers, asook koffie- en teemaakgeriewe, lugversorging en ondervloerse verhitting. Die klassieke kamers het ook 'n klein sit area. Standaardkamers is klein maar gemaklik en het koffie- en teemaakgeriewe, lugversorging en ondervloerse verhitting.
Op die perseel is 'n ou kapel met sitplek vir 120 gaste. Die hoof ontvangslokaal het plek vir 140 gaste en die Bam lokaal het plek vir 30 gaste. Red Pepper Catering is verbonde aan die landgoed en voorsien die spyseniering.
Die gastehuis lê aan die voet van die suid-westelike Paarlberg en is sowat 6 km vanaf die Paarl. Hier kan gaste rustigheid, natuurskoon en asemrowende uitsig op Tafelberg verwag.
Kenmerke
Geriewe
- ADSL-lyn
- Swembad
- Gastesitkamer
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Persoonlike Kluis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Gratis WiFi
- Konferensiegeriewe
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Fietsry
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Wynproe
- Fietsry
- Bergfietsroetes
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Ontbyt
- Etes Op Versoek
Konferensiegeriewe
- Lugversorging
- Wegbreekkamers
- Dataprojektor
- Blaaibord
- Witborde
- Kantoorgeriewe
- Internet
- Plek vir tot 10 afgevaardigdes
- Plek vir tot 20 afgevaardigdes
- Plek vir tot 30 afgevaardigdes
- Plek vir tot 50 afgevaardigdes
- Plek vir 50 of meer afgevaardigdes
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Onderdakparkering
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.5/5
Wilmarie Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 9
Op LekkeSlaap 10 jaar
Ligging
- Suid-Agter-Paarl-pad, Paarl, 7624, Wes-Kaap
- Gaste dink Diamant Estate het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 24 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Suid-Agter-Paarl-pad, Paarl, 7624, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang