Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Dias Vakansieverblyf

  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Blouvlakstraat 48, Twee Kuilen, Mosselbaai, 6500, Wes-Kaap
  • Vanaf R2 000 per nag (plek vir 8)

Beskrywing

Dias Vakansieverblyf is 'n selfsorghuis met 4 slaapkamers in 'n sekuriteitskompleks en is binne 800 m se stap van die strand af geleë.

Die dubbelverdiepinghuis het slaapplek vir 8 gaste en bied kamers op die boonste en onderste verdieping, asook 4 badkamers. Die 2 kamers op die boonste verdieping is ingerig met 'n koningingrootte-bed in 1 kamer, en 'n dubbel- en 'n enkelbed in die tweede kamer. Die ander 2 kamers is ingerig met 'n koningingrootte-bed in 1 kamer, en 'n stapelbed sowel as 'n slaapbank in die ander kamer. Al die badkamers het storte, en 3 van hulle is en suite.

Die huis het 'n groot oopplan-kombuis op die grondvloer wat toegerus is met 'n yskas-vrieskas, 'n stoof en 'n oond, asook 'n mikrogolfoond. 'n Klein kombuis is ook op die boonste verdieping beskikbaar, en dit het 'n yskas, 'n mikrogolfoond sowel as 'n tweeplaatstoof. 'n Wasmasjien en 'n tuimeldroër is ook beskikbaar.

Die sitkamer is toegerus met 'n TV met DStv en 'n DVD-speler. 'n Klein kroegarea met 'n veerpyltjiebord asook 'n binnebraai-area is ook beskikbaar vir gebruik. Onderdakparkeerplek word voorsien. Neem asseblief kennis dat troeteldiere nie toegelaat word nie.

Gaste kan van die kompleks swembad gebruik maak, of die kort stappie na die strand neem. Mosselbaai bied 'n verskeidenheid besienswaardighede en doendinge wat wissel van 4x4-roetes, visvang, bergfietsroetes, die Bartholomeu Dias Maritieme Museum, Cape St Blaise-vuurtoring, die Garden Route Casino, die Hartenbos Waterpark en meer, genoeg om die hele gesin te vermaak.

Kamer-opset

Kapasiteit: 8 Aantal kamers: 4 Aantal badkamers: 3
Slaapkamer 1
Plek vir 3 mense
1 xDubbelbed
1 xKinderbed vir 1
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Slaapkamer 4
Plek vir 3 mense
1 xDubbelslaapbank
1 xKinderbank vir 1
Badkamer 1
En-suite  - Slaapkamer 1
Stort, Toilet
Badkamer 2
En-suite  - Slaapkamer 2
Stort, Toilet
Badkamer 3
En-suite  - Slaapkamer 3
Stort-oor-bad, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • En-suite
  • Stort

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Dvd
  • Eksklusiewe dstv
  • Tv

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 19 resensies vir Dias Vakansieverblyf
Netheid
4.7/5
Diens
4.9/5
Ligging
4.7/5
Veiligheid
4.9/5
Waarde vir geld
4.7/5

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Diana Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 19

Op LekkeSlaap 7 jaar

Ligging

  • Blouvlakstraat 48, Twee Kuilen, Mosselbaai, 6500, Wes-Kaap
  • Gaste dink Dias Vakansieverblyf het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R2 000
per nag (plek vir 8)
Vanaf
Vanaf R2 000
per nag (plek vir 8)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Blouvlakstraat 48, Twee Kuilen, Mosselbaai, 6500, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDE5MjYxZDg2LTM2YmEtNDE3Yi04MzM4LTQ1NDIwNTRmNmY3ZQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 000 per nag (plek vir 8) 19 5 1 5 48 Blouvalk Street Twee Kuilen 6500 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.152777777778 22.103888888889

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang