Goeie dag Mnr. Grove
Baie dankie vir die epos en die oorsig ontvang van u verblyf met ons. Graag wil ek 'n regstelling maak en u daarop wys dat u telefonies gekontak was die dag van u bespreking om te bevestig u tyd van aankoms. U het genoem dat u na 18:00 so arriveer - u is ingelig die ontvangs sal alreeds gesluit wees. U is ingelig van die "safety box" by ontvangs vir die afhaal van die sleutel en die kode is per whatsapp vir u gestuur met u toestemming, so ook is daar 'n nota vir u gelaat met die sleutel wat stap vir stap alles aan u verduidelik het.
Rakende die skoonmaakdiens, elke kamer is toegerus met die nodige inligting wat bevat, ons "terms and conditions and policies, house rules, emergency numbers" duidelik sigbaar op die tafelblad vir die gaste om te lees - daar word duidelik aangedui en ek haal aan in rooi gedruk "No tyding of rooms by guesthouse staff on Sundays and public holidays".
Nogmaals baie dankie aan u en ons hoop ons sien u weer in die toekoms. Ek hoop dit bring duidelikheid aan u.
Vriendelike Groete
Diaz Beach Guesthouse