LS-4W6RMZ - Diaz Strand Ocean 11-23
Hi Gerhard,
Hoofslaapkamer: Spierverslappers.
Ons het matrasse vervang - 13.11.2023 - R 17503.98 by Dial a Bed (2 matrasse) - Die skoonmakers was daar toe matrasse vervang was en ou matrasse was uitgedeel aan werkers. Ek kan regtig nie sien hoe Gerhard spierverslappers moes gebruik het met splinternuwe matrasse nie! Die 2 x enkel beddens het wel ou matrasse op, maar die hoofslaapkamer (queen) en die 2de kamer het nuwe matrasse gekry (dubbel).
Gasbottels - 2:
Toe Gerhard ons laat weet van lee bottels het my man – Johan – om verskoning gevra en gevra dat hy asb die bottels kan gaan volmaak – Jy het rek gestuur van R 350 en ek het jou betaal R 500 vir die ekstra moeites. Die gasbottels bly maar ‘n problem in woonstel en om te bepaal wanneer dit leeg is, is ook moeilik. Daar was gaste in woonstel voltyds vanaf Nov 23. Ons het nou ‘n gas besigheid gekry wat maandliks sal inloer by woonstel en dan die lee bottels volmaak. Dit gaan nie weer gebeur nie – jammer daaroor.
Trappe na die strand:
Ek het al my gaste laat weet dat trappe met vloede weg gespoel het en dat die Body Corporate laat weet het dat dit eers later in 2024 sal vervang kan word want hulle moet planne instuur vir die trappe. Hulle mag nie net trappe tydelik regmaak nie. Gerhard het ongelukkig 6 Jan 2024 die bespreking by woonstel gemaak en my mede werker hier op ons kantoor het vir hom al die nodige inligting aangestuur, maar het vergeet van die 'trap storie'. Ek was ongelukkig nie op kantoor nie anders sal ek dit ingesit het. Dit staan egter op ‘n plakkaat groot in die enigste hysbak van woonstel asook in die voor portaal van woonstel van die wegspoel van trappe. By die nota staan daar waar al die gaste moet gaan om by die strand uit te kom. Die wegspoel van trappe was 'an act of God' – die hele strand by Diaz, Mosselbaai en Hartenbos het groot skade gelei met Nov se vloede - dit was orals op die nuus. Daar was nerens by daardie strook meer trappe nie - tot die strande se sand was glo weg gespoel gewees. Langs Ocean 11 is die Diaz hotel en al die gaste van Diaz area het glo daar afbeweeg na die strand toe. Dit is 100 meter vanaf Ocean 11 af. Ons kon regtig nie daarvoor kwalik geneem word nie? Die Body Coporate is nou besig met die planne se goekeuring by die munisipaliteit. Sal binne die volgende 6 maande vervang word.
Ek is jammer dat Gerhard so ‘n slegte vakansie gehad het - hopelik kon hy al die spierverslappers los terug by die huis. Ek kan maar die kostes van die spierverslappers ook betaal net soos ek die gasbottel se gelde terug betaal het. Laat weet maar! Die trappe sal wel vervang word later in 2024 nadat die Body Corporate dit goed gekeur het.
Gelukkig is daar 99,9 % gaste wat kom kuier in Ocean11 no 23 en die woonstel geniet! As daar probleempies is word dit onmiddellik opgelos. Ons fone is altyd aan of ons hier in RSA is of nie.
Groete,
Hanlie du Toit