Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Diaz Strand Ocean 11-23

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 22 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.9
Diens
4.6
Veiligheid
5.0
Anita J
Lang verblyf
5.0
Feb 2024

Baie lekker! Ruim woonstel met lieflike see uitsig. Rustige omgewing. Sal definitief weer daar gaan bly!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Janine H
Kort verblyf Gesin met tieners
4.8
Des 2023

Baie lekker, gerieflik en netjies skoon. Pragtige uitsig. Fantastiese tyd gehad.

Netheid
4.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Nadia S
Lang verblyf
4.8
Okt 2023

Baie mooi uitsig, gerieflik en netjies. Ons het lekker gebly, die uitsig was die moeite werd. Die hoofslaapkamer se bed is baie ongemaklik en uitgeslaap. Bring jou eie Netflix login en DSTV-kaart saam as jy TV wil kyk. Verder was ons ingenome, dankie. Die diens was goed en almal is behulpsaam.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0

Jandrell L
Kort verblyf Saam met lewensmaat
4.6
Apr 2024

Rustigheid, gerustellend, groot leef area en die uitsig is wonderlik. Dit was als die moeite werd. Ons het baie lekker gebly sonder geraas of harde musiek. Ek sal enigeen die verblyf aanbeveel.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
3.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Gerhard B
Kort verblyf Gesin met tieners
4.0
Jan 2024

Steeds lekker met al die frustrasies. Die eenheid het fantastiese see-uitsig, is goed toegerus met goeie uitleg. Die hoofslaapkamer se matras is egter op en moes ons spierverslappers sluk om die "springs" elke nag te beveg. Die gasbottels van die braai was leeg met ons aankoms en het die eienaar van ons verlang om 'n plek te soek om dit te laat hervul, wat 'n bietjie van 'n suur smaak in die mond gelaat het. Die eienaar was bewus daarvan dat die toegang tot die strand gesluit was weens die vloede van November '23, maar nagelaat om ons daarvan te verwittig. Ons het juis op die eenheid besluit teneinde maklike toegang tot die strand vir my skoonma van 78 te bied.

Netheid
4.0
Diens
2.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0
Johan
Diaz Strand Ocean 11-23
LS-4W6RMZ - Diaz Strand Ocean 11-23 Hi Gerhard, Hoofslaapkamer: Spierverslappers. Ons het matrasse vervang - 13.11.2023 - R 17503.98 by Dial a Bed (2 matrasse) - Die skoonmakers was daar toe matrasse vervang was en ou matrasse was uitgedeel aan werkers. Ek kan regtig nie sien hoe Gerhard spierverslappers moes gebruik het met splinternuwe matrasse nie! Die 2 x enkel beddens het wel ou matrasse op, maar die hoofslaapkamer (queen) en die 2de kamer het nuwe matrasse gekry (dubbel). Gasbottels - 2: Toe Gerhard ons laat weet van lee bottels het my man – Johan – om verskoning gevra en gevra dat hy asb die bottels kan gaan volmaak – Jy het rek gestuur van R 350 en ek het jou betaal R 500 vir die ekstra moeites. Die gasbottels bly maar ‘n problem in woonstel en om te bepaal wanneer dit leeg is, is ook moeilik. Daar was gaste in woonstel voltyds vanaf Nov 23. Ons het nou ‘n gas besigheid gekry wat maandliks sal inloer by woonstel en dan die lee bottels volmaak. Dit gaan nie weer gebeur nie – jammer daaroor. Trappe na die strand: Ek het al my gaste laat weet dat trappe met vloede weg gespoel het en dat die Body Corporate laat weet het dat dit eers later in 2024 sal vervang kan word want hulle moet planne instuur vir die trappe. Hulle mag nie net trappe tydelik regmaak nie. Gerhard het ongelukkig 6 Jan 2024 die bespreking by woonstel gemaak en my mede werker hier op ons kantoor het vir hom al die nodige inligting aangestuur, maar het vergeet van die 'trap storie'. Ek was ongelukkig nie op kantoor nie anders sal ek dit ingesit het. Dit staan egter op ‘n plakkaat groot in die enigste hysbak van woonstel asook in die voor portaal van woonstel van die wegspoel van trappe. By die nota staan daar waar al die gaste moet gaan om by die strand uit te kom. Die wegspoel van trappe was 'an act of God' – die hele strand by Diaz, Mosselbaai en Hartenbos het groot skade gelei met Nov se vloede - dit was orals op die nuus. Daar was nerens by daardie strook meer trappe nie - tot die strande se sand was glo weg gespoel gewees. Langs Ocean 11 is die Diaz hotel en al die gaste van Diaz area het glo daar afbeweeg na die strand toe. Dit is 100 meter vanaf Ocean 11 af. Ons kon regtig nie daarvoor kwalik geneem word nie? Die Body Coporate is nou besig met die planne se goekeuring by die munisipaliteit. Sal binne die volgende 6 maande vervang word. Ek is jammer dat Gerhard so ‘n slegte vakansie gehad het - hopelik kon hy al die spierverslappers los terug by die huis. Ek kan maar die kostes van die spierverslappers ook betaal net soos ek die gasbottel se gelde terug betaal het. Laat weet maar! Die trappe sal wel vervang word later in 2024 nadat die Body Corporate dit goed gekeur het. Gelukkig is daar 99,9 % gaste wat kom kuier in Ocean11 no 23 en die woonstel geniet! As daar probleempies is word dit onmiddellik opgelos. Ons fone is altyd aan of ons hier in RSA is of nie. Groete, Hanlie du Toit

Johan S
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Nov 2022

Fantasties en heerlik! Die verblyf was perfek, alles was netjies en skoon en al die geriewe en meer as wat ons benodig het.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Gloudina B
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Feb 2020

Hemels! Beste uitsig ooit met die mooiste son opkoms en see geluide wat so kalmerend is!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Zephian A
Kort verblyf
4.8
Nov 2020

Mooiste uitsig ooit! Dankie vir 'n heerlike naweek in 'n pragtige woonstel. Alles was skoon en gerieflik en die uitsig is werklik fantasties. Kon lekker ontspan en kuier. Baie dankie.

Netheid
5.0
Diens
4.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Lynn P
Kort verblyf Gesin met klein kinders
4.8
Feb 2020

Fantasties! Wonderlik. Alles wat mens sal verwag van 'n luukse vakansiewegbreek. Hekkode het net nie by ingangshek gewerk nie en DStv het die oggend van ons vertrek afgeskakel. Swembad was ook vuil, maar dit het nie ons tyd daar bederf nie. Toegang tot strand maak op daarvoor. Sal dit definitief aanbeveel en weer besoek.

Netheid
5.0
Diens
4.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Maud B
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Nov 2019

Dis die plek vir die beste see-uitsig. 'n Baie mooi ruim, skoon, netjiese en goed gemeubileerde woonstel met 'n 180 grade-see-uitsig. Alles wat jy verwag om in 'n vakansiewoonstel te kry is daar. Word hoog aanbeveel.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.8/5

Johan Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 65

Op LekkeSlaap 7 jaar

Vanaf
Vanaf R1 500
per nag (plek vir 6)
Vanaf
R1 500
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Strand oos-boulevard 41, Oceans 2, Hartenbos, 6500, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAR2ODzCEzhsHdYDzd1CNPQRo7HQovSa8vFkCqlx8mNFofp8fIDl?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 500 per nag (plek vir 6) 22 5 1 5 41 Beach East Boulevard Oceans 2 6500 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.157927450838 22.108885645866

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang