Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

De Akker Cottages

  • Soos Gesien op Facebook
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Plaas Akkerboom, Friersdale, Keimoes, 8860, Noord-Kaap
  • Vanaf R1 300 R1 170 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

De Akker Cottages bied gasteverblyf op 'n rosyntjieplaas, 14 km vanaf Keimoes en slegs 60 km vanaf die Augrabieswaterval in die Noord-Kaap. Hierdie eenhede bied gerieflike slaapplek vir 2 tot 4 gaste, en 'n stoep en lapa met uitsigte oor die wingerd.

Die Akker het 'n slaapkamer wat 'n koninggrootte-bed met wit linne het en 'n slaapbank vir nog 2 gaste. Die en suite-badkamer is ruim en het 'n bad en 'n stort. Handdoeke word voorsien. Die oopplan-leefarea het 'n TV met sekere DStv-kanale, 'n goed toegeruste kombuis en 'n klein etenstafel met stoele. Indien gaste dit so verkies, kan 'n heerlike ontbyt op die stoep bedien word. Tuisgemaakte beskuit, tee en koffie is in die kamer beskikbaar.

Amani het 'n koningingrootte-bed met wit linne en 'n badkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet. Ander geriewe sluit 'n TV, 'n mikrogolfoond en 'n kaggel in. Die eenheid het 'n stoep vanwaar gaste die pragtige uitsig met 'n skemerkelkie of 'n koppie koffie kan geniet.

Mitat beskik oor 2 slaapkamers en bied slaapplek aan 4 gaste. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, wasbak en toilet. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens wat in 'n koninggrootte-bed omskep kan word en het 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Die kombuis is met 'n yskas, mikrogolf, oond en 'n stoof toegerus. Verder is daar 'n sitarea, eetarea, kaggel, privaat swembad en tee- en koffiemaakgeriewe.

Gaste het toegang tot die swembad, 'n braai-area met vuurmaakhout, 'n lapa met 'n uitsig oor die wingerd, en veilige parkeerplek.

Gaste kan die nabygeleë Akkerboom Plaasstal besoek wat 'n verskeidenheid droëvrugte, druiwe, gewilde lamspastei en groenvytert verkoop, of 'n bespreking maak en 'n ontspannende massering of 'n skoonheidsbehandeling by die Bella Rosa Beauty Salon geniet. Gaste kan ook by die Oranjerivier-kelders wynproe, of by die plaaslike rivier gaan visvang en die kokerboomkwekery besoek.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Geen Rook Binnenshuis

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Wynproe
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 113 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.9
Veiligheid
4.8
Wat gaste dink
Awie D
Gesin met klein kinders
5.0
Voel baie welkom met ontvangs, sal vir seker weer daar gaan bly. Baie lekker gebly, baie mooi en vriendelike diens.
Sep 2024
Marius M
Saam met lewensmaat
5.0
Luuksheid en wel toegerus. Pragtige plek en gerieflike ruime eenheid. Ons het 2 eenhede bespreek en dit het baie goed uitgewerk. Wens ons het meer as ...
Sien meer
Aug 2024
Danie R
Saam met lewensmaat
5.0
Salig vir die siel. Mens voel dadelik welkom. Die eenheid is goed toegerus en netjies. En die vrede en rustigheid spreek vir ditself. Dankie, vir die ...
Sien meer
Aug 2024
Hermien E
Saam met lewensmaat
5.0
Die beste in die kontrei. Weereens puik plekkie vir siele rus.
Apr 2024
Izelle D
Gesin met klein kinders
5.0
Luuksheid in die oortreffende trap! Uitstekende verblyf met net die beste van alles! Ons het elke oomblik geniet en sal De Akker Cottages definitief a...
Sien meer
Mrt 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Trudie Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 113

Op LekkeSlaap 9 jaar

Ligging

  • Plaas Akkerboom, Friersdale, Keimoes, 8860, Noord-Kaap
  • Gaste dink De Akker Cottages het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 300
R1 300 R1 170
per nag, vir 2 mense
Vanaf R1 300
R1 300 R1 170
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Plaas Akkerboom, Friersdale, Keimoes, 8860, Noord-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAcc9e134c87af7a89ca27058aa8fd2b454d923918843c841fcbf88beb03e11d16e64163556904173eebf8d0c601cb4cfa78cf?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R1 300 nouVanaf R1 170 per nag, vir 2 mense 113 5 1 5 Farm Akkerboom Friersdale 8860 Noord-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -28.747862756507 20.829989612103

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang