Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Die Anker

  • Kapasiteit: 9 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Rivierstraat 66, Gouritsmond, 6696, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 000 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Die Anker is in Gouritsmond geleë en bied panoramiese uitsigte op die baai, die strand en die riviermonding. Gouritsmond is 'n klein dorpie naby die mond van die Gouritsrivier en is tussen Mosselbaai en Stilbaai op die Tuinroete geleë.

Die Anker bied verblyf in 2 selfsorg-eenhede genaamd Sinker en Tuinwoonstel. Elke eenheid het 'n volledig toegeruste kombuis en sitkamer met 'n TV, asook 'n privaat dek met braaigeriewe.

Sinker het 2 slaapkamers en bied slaapplek aan 5 gaste. Die eerste slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die tweede slaapkamer het 3 enkelbeddens. Die gastebadkamer het 'n stort.

Die Tuinwoonstel het 'n dubbelbed en 2 enkelbeddens. Daar is 'n skeiding tussen die kamers wat privaatheid verseker. Die badkamer het 'n stort en wasbak.

Alle beddegoed en handdoeke word voorsien. Onderdakparkeerplek is beskikbaar.

Gouritsmond het 'n supermark, restaurant, biblioteek, kerk, OTM, getypoel, wassery, mediese dienste en 'n vulstasie. Die strand is ideaal vir swem, branderplankry, sandkastele bou en na die riviermond stap. Natuurliefhebbers kan die bedreigde swarttobie, strandkiewiet en verskeie soorte fynbos aanskou. Gouritsmond staan ook bekend as 'n goeie visvangplek en daar is ook 'n sleephelling wat toegang tot die rivier vir bote bied. Die kuslyn bied verskeie plekke om teen die oewer vis te vang.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Selfsorg

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Fietsry
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans

Parkeerplek

  • Onderdakparkering

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 22 resensies

Uitstekend

Netheid
4.6
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.3
Diens
4.8
Veiligheid
4.7
Wat gaste dink
Swanel R
Gesin met tieners
5.0
Skoon en netjies. Dit was so aangenaam om hier te bly! Sal vir seker weer kom kuier. Loop afstand van die rivier af. Lieflike dek. Baie netjiese plekk...
Sien meer
Jan 2024
Rusty L
Saam met vriende
5.0
We had a wonderful stay and were made to feel most welcome. The place is in a perfect location, it was clean and all in good working...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Apr 2023
Eloise W
Saam met vriende
5.0
Ruim, uitstekende ligging, die bedlampies werk en die braai met hittereguleerder 'n bonus. Eleanor en Jack is ingesteld op hul gaste se gerief. Loopaf...
Sien meer
Jan 2023
Wayne H
Gesin met tieners
4.4
Baie rustige dorp. Baie mooi rivier, see en dorp. Alles binne stapafstand. Dorp het nie altyd petrol nie, dus moet jy in Mosselbaai sorg om vol te maa...
Sien meer
Jan 2023
Pierre S
Saam met vriende
4.2
Rustig, stil, siels verryklik. Lekker plek. Dis goed geleë naby die see en rivier. Dis rustig daar en lyk heel veilig.
Mrt 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.6/5

Jack Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 22

Op LekkeSlaap 6 jaar

Ligging

  • Rivierstraat 66, Gouritsmond, 6696, Wes-Kaap
  • Gaste dink Die Anker het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 000
per nag (plek vir 4)
Vanaf
Vanaf R1 000
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 9 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Rivierstraat 66, Gouritsmond, 6696, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA393cb9c4a35e531df1cae384e30481bec064335626643710a58d3bb901f6f7107f79d3c9ee17b21a29d84f8daf8af76dc64f?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 000 per nag (plek vir 4) 22 5 1 5 66 Rivier Street Gouritsmond 6696 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.344055 21.87748

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang