Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported
Waarheen is jy op pad?
Datums
2 Gaste

Die Beloofde Land

Weeksdagaanbod 30% af

Kry 30% af op enige bespreking wat nie 'n Vrydag- of Saterdagaand insluit nie (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vir verblyf vanaf 2 Feb 2025 tot 27 Feb 2025.

  • Soos Gesien op Instagram
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Langs die N9, Die Langkloof, Deel 14 Kliprivier Plaas, 40 km vanaf Uniondale, 6460, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 850 R1 295 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Die Beloofde Land is op 'n plaas naby Uniondale geleë en bied gehalteverblyf aan 'n gesin of 'n groep vriende. Daar is 3 losstaande eenhede op die plaas.

Die Keurboom is op 'n krans met 'n uitsig oor die Langkloofvallei geleë en beskik oor 2 slaapkamers met slaapplek vir 4 gaste. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n dubbelstort, bad, toilet, wasbak en verhitte handdoekrelings. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, bad, toilet en 'n wasbak. Die kombuis is met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, koffie- en teemaakgeriewe, breekware en eetgerei toegerus. Die sitarea het gemaklike sitplek en 'n kaggel. Daar is ook 'n lieflike stoep met 'n uitsig oor die Keurboomsrivier en 'n privaat swembad.

Die Sonvanger is 'n privaat tweeslaapkamer-eenheid wat van sonkrag gebruik maak en sy eie windpomp het. Die eenheid het 'n ononderbroke uitsig op die berge, oor die damme en bergaalwyne. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed. Elke slaapkamer het 'n en suite-badkamer, waarvan een 'n stort, bad, toilet en wasbak en die ander 'n stort, toilet en wasbak het. Die kombuis is met 'n gasstoof, yskas-vrieskas, koffie- en teemaakgeriewe, breekware en eetgerei toegerus. Daar is gemaklike sitplek in die sitarea, gratis WiFi en 'n privaat swembad.

Die Visserman is ideaal vir 'n paartjie en beskik oor 1 slaapkamer met 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer het 'n bad, stort, toilet en 'n wasbak. Die oopplan-kombuis is met 'n stoof, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, koffie- en teemaakgeriewe, breekware en eetgerei toegerus. Die sitarea het gemaklike sitplek en bied toegang tot 'n stoepie met 'n pragtige uitsig oor die Langkloofvallei. 

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
Mooi uitsig
Grondpad

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 37 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.9
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Marlize V
Gesin met klein kinders
5.0
An outstanding place! Die Beloofde Land is an absolutely wonderful place. It is a beautiful house with everything to make your stay far...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Sep 2024
Morne D
Saam met lewensmaat
5.0
Week se wegbreek om van stadslewe weg te kom! Dit was 'n besondere kuiertjie! Dit was regtig 'n aangename ondervinding en vriendelike gesigte wat jou ...
Sien meer
Sep 2024
Deidre V
Saam met lewensmaat
5.0
Ons het heerlik gebly. Pragtige plek, stil en baie veilig. Sien sterre.
Aug 2024
Aldo P
Saam met lewensmaat
5.0
Perfect relaxed long weekend away, surrounded by the best view. Enjoyed every moment. A relaxing weekend away, wish we could have staye...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Aug 2024
Eugene V
Saam met lewensmaat
5.0
Definitief 'n "moet doen" kuier! Dit was 'n baie lekker rustige kuier in 'n goed-toegeruste rustieke eenheid in 'n baie mooi deel van ons land.
Mei 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Werner en Tia Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 37

Op LekkeSlaap 4 jaar

Ligging

  • Langs die N9, Die Langkloof, Deel 14 Kliprivier Plaas, 40 km vanaf Uniondale, 6460, Wes-Kaap
  • Gaste dink Die Beloofde Land het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 850
R 1 850 R 1 295
per nag (plek vir 2)
Vanaf R1 850
R 1 850 R 1 295
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Langs die N9, Die Langkloof, Deel 14 Kliprivier Plaas, 40 km vanaf Uniondale, 6460, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA89ce81f4a74a32779eb3f01bbb79953563cf929925a4fd6f9818c49149a9dccd55d04b2695201b6c9916e3e85f3f94fcca27?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R1 850 nouVanaf R1 295 per nag (plek vir 2) 37 5 1 5 Off the N9 Die Langkloof, Deel 14 Kliprivier Plaas 6460 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-18:00 10:00 -33.787748733361 23.083063775015

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Ma.Di.Wo.Do.Vr.Sa.So.
272829303112345678910111213141516171819202122232425262728123456789
Ma.Di.Wo.Do.Vr.Sa.So.
272829303112345678910111213141516171819202122232425262728123456789